Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir die jaar lyk wonderlik. Hierdie sterre sal op alle vlakke vooruitgang teweegbring. Daar kan dalk selfs lekker wengeld wees; beproef dus ’n weeklikse loterykaartjie. Daar is ook sterre wat tot opwindende tye in jou liefdeslewe sal lei. Daar kom verandering by die werk.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het wonderlike sterre vir vordering in die wêreld. Hulle sal talentvol en gelukkig wees en sal dus gewild wees. Hulle sukkel met jaloesie, veral met verhoudings en die huwelik; ’n oorhaastige huwelik is ’n moontlikheid.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die son is in jou teken en Jupiter is in jou hoek van hoop en drome; dit laat drome soms waar word. Gebruik dit: Streef dit na wat jy wil hê en maak seker jy kry dit. Jou middag en aand lyk gelukkig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir op die agtergrond werk. Hierdie sterre sal jou nie in die geld laat rol nie, maar dit sal jou in ’n posisie plaas waar mense jou bewonder. Soms bring hierdie sterre ’n soort verwelkoming.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

’n Besonderse droom kan nou enige oomblik verwesentlik word. Hierdie droom hou waarskynlik verband met reis of verandering. Vir sommige Boogskutters sal die verandering in hul verhouding plaasvind; hulle vorder tot ’n nuwe, hoër vlak. Dit is ’n lekker maar uitputtende dag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy begin met ’n projek wat ’n vennoot se samewerking vereis. Hierdie projek sal baie aktiwiteit meebring, maar dit sal die moeite werd wees. Die sterre lyk ook goed vir sosiale aktiwiteit vanaand.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die son is in jou hoek vir lang afstande en Jupiter is in jou hoek vir vennootskappe. Dit dui daarop dat jy met iemand werk om te reis. Maar dit lyk nie na ’n lang reis nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou maat sal jou help met iets wat jou bekommer het. Vir ’n paar Visse is dit ’n gesondheidsprobleem, maar vir ander hou dit verband met ’n troeteldier of ander diertjie. Dalk skryf jy jou hond in vir ’n skou.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is wonderlike sterre wat jou hoek vir intimiteit en romanse raak; as daar dus enige aksie op hierdie gebied is, sal dit aksie wees wat ’n gevolg van liefde en toegeneentheid is. Dit is ’n goeie dag.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy is onderweg na ’n soort klimaktiese prestasie. Dit hou dalk verband met die een of ander stokperdjie of belangstelling. Dit sal beslis verwant wees aan iets wat al ’n ruk lank jou tyd en energie in beslag neem.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die son in jou hoek vir liefde en romanse bring goeie toestande, en aangesien jy Jupiter in jou hoek vir kommunikasie het, sal iemand jou laat weet hulle dink wonderlike dinge van jou. Dit is ’n goeie manier om die week af te sluit.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Soms bring hierdie sterre ’n lekker verandering in jou huisverband of ander finansiële verpligting. Ek het al selfs gehoor van hierdie sterre wat vir alle betrokkenes ’n bonus meebring.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jupiter, wat die son in jou teken geaktiveer het, bring lekker opbrengste. Ek wil half sê dit sal geldelik wees, maar die lewe bied meer as net geld. Hierdie sterre bring voordele van familielede of bure.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Geldsake sal beslis oorweeg word. Met hierdie sterre sal daar verbeterings op hierdie gebied wees, asook geleenthede vir jou om in die toekoms te belê. Dit is ook voordelig om tyd saam met spesiale mense deur te bring.