Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n jaar waarin elke aksie ’n gelyke en teenoorgestelde reaksie het; jy moet dus met alles versigtig wees. Dit beteken: Bly onder die spoedperk, moenie onwettig parkeer nie en hou by die reëls.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal merkwaardige uithouvermoë hê. Hulle sal marathons voltooi en dit doen wat mense dikwels te moeilik ag. Hulle is baie ambisieus en amper behep met hul werk en loopbaan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy blyk ’n nuwe siklus te begin op ’n gebied wat vir jou belangrik is, dalk jou werk en werkverhoudings. Hierdie nuwe siklus volg op een wat nou nie juis as ’n klinkende sukses beskryf kan word nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is moeilike sterre wat geldsake betref. Daar is nie groot bedrae betrokke nie, maar nou let jy na elke verlore sent. Ongelukkig sal jy geneig wees om te veel te bestee aan onnodige items.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal ’n uitbarsting wees. Dit beteken nie ’n vulkaan spring onder jou uit nie, maar met sommige Steenbokke is dit nie ver van die waarheid nie. Iemand raak keelvol en laat ander daarvan weet.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag sal jy taamlik foute maak. Dis iets ongewoons vir die Waterdraer, maar vandag is jy net nie op jou beste nie. Al raad is, werk stadig en versigtig om foute te vermy.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring onverwagte legkaarte en raaisels, maar die Visse hou daarvan om raaisels op te los. Trouens, as jy nie jou huidige beroep beoefen het nie, sou jy ’n speurder gewees het. Maar dié raaisel sal jy moeilik baasraak.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy sal in die gesig gestaar word deur situasies wat verandering vereis, maar nou is nie ’n goeie tyd om veranderinge te weeg te bring nie. Soms is dit werklik beter om in jou groefie te bly en veranderings te vermy.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy word omring deur stimulerende sterre. Hierdie sterre sal nuwe toestande bring met die klem op lang afstande, veral plekke oorsee. Party Bulle sal hulle begin voorberei op ’n vakansie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Wanneer daar klem is op jou agtste hoek – daar is ’n paar rekeninge op pad – en wanneer Mars en Pluto dié klem bring, kan jy jou voorberei op ’n groot rekening. Kyk na jou pos.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag se sterre is geneig om jou rusteloos te maak. Terselfdertyd kan hierdie sterre soms twyfel skep. Dit is nie duidelik waaraan jy twyfel nie, maar as gevolg van die aard van die sterre is dit dalk denkbeeldig.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is vandag baie wat afgehandel moet word en jy sal heeldag daaraan werk. Terselfdertyd is daar sake wat vanaand ná werk jou aandag verg. Die werk kry net nie end nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit sou ’n goeie tyd wees om uitdrukking te gee aan die ware jy. Hierdie geleenthede sal jou hoek vir liefde en romanse beïnvloed; dis nie moeilik om te raai aan watter deel jy uitdrukking moet gee nie. Jy word ook omring deur geluk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy beëindig iets. Dis ’n einde wat jy wou hê, maar jy sien alles val uitmekaar en jy sal moet uithaal en wys, en dit laat werk; om dit te vermag sal jy sekere dinge moet vervang.