Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar goeie omstandighede vir geluk. Dit kan ’n aansienlike wen beteken. Koop dus gereeld loterykaartjies. Jy sal belangrike dokumente onderteken wat jou lewe en werk vir ’n redelike ruk sal beïnvloed.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aktief en energiek. Hulle sal belangstel in ’n sekere wetenskapsgebied en kan bekend word vir hul kundigheid of ontdekkings. Hulle het ’n goeie verbeelding en die vermoë om die geheelbeeld te sien.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die maan beweeg in haar laaste kwartier deur jou hoek vir aansien en ego. Gewoonlik sal hierdie sterpatroon jou loopbaan ’n klein maar betekenisvolle hupstoot gee. Dis nie genoeg om jou die baas te maak nie, maar dis genoeg om jou tevrede te stel.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Reis is tans vir jou belangrik. Vir party Tweelinge is reis ’n manier om van iets af weg te hardloop, maar vir die meeste is dit om te sien hoe ander mense lewe. Dit klink na ’n goeie tyd om ’n besluit en dan te bespreek.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dikwels bring die sterre wat jy hierdie week het, ’n onverwagte of onwelkome rekening of uitgawe mee. Dit is iets wat jy moet betaal, selfs al is jy nie baie beïndruk nie. Kan dit die eerste van vele wees?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die sterre bring vandag goeie omstandighede mee vir die huwelik of intieme verhoudings. Mooi dinge begin gebeur, en jy het gedink dit gebeur net met ander mense. Daar sal ook goeie nuus wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Soms bring die sterre wat jy vandag het, klein gesondheidsprobleme mee. Dit kan enigiets wees, maar dit sal niks ernstigs wees nie. Dikwels is dit die begin van ’n hoes of verkoue. Neem ’n vitamien C-tablet en drink baie vloeistof.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir die liefde en romanse. Aanvanklik kan daar nogal spanning wees, maar dit sal gou bedaar en dan sal jy dinge laat gebeur. Daar sal ook oor babas of jong mense gepraat word. Dalk is daar nuus oor ’n swangerskap.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Te oordeel na jou sterre vandag, gaan iets binnekort eindig en iets nuuts sal in die plek daarvan kom. Omdat dit die eerste dag van die werkweek is, skat ek die begin en einde het met werk te doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar sal aktiwiteite wees en die meeste daarvan sal met reis te doen hê of hoe om van een plek na ’n ander te kom. Daar sal gepraat word oor die behoeftes van familielede. Dalk is ’n familielid besig om te verbrou en is dit nodig om met die persoon daaroor te praat.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy moet versigtig wees met jou geld. Met hierdie sterre kan jy geld verloor of dalk maak jy ’n slegte kopie en kom agter jy kan nie jou aankoop teruggee nie. Maak dus seker jy kan items teruggee wat nie werk of geskik is nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sit weer met ’n dilemma. Dit het die afgelope tyd nogal dikwels gebeur. Moenie bekommerd wees nie, Waterdraer, jy sal jou probleme heel maklik kan oplos.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Foute wat ’n ruk gelede begaan is, sal skielik sigbaar word. Te oordeel na die sterre is dit nie jou foute nie, maar dit lyk asof jy die vuil werk moet doen. Jy is tussen twee vure.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Hierdie sterre sal vreugdevolle tye en ongewone situasies meebring. Die Ram is gewoond aan ongewone situasies. Vanaand sal daar belonings wees.