Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het uitstekende sterre om nuwe en ander benaderings te volg en vooruitgang in jou werk te maak. Met die sterre wat jy het, sal daar vanjaar nooit ’n vervelige oomblik wees nie. Jy sal die heeltyd interessante dinge hê om te doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is talentvol en opmerksaam. Hulle sal suksesvol wees weens hul vindingrykheid en oorspronklikheid. Daar is goeie omstandighede vir dinge wat met elektronika of enigiets wetenskapliks te doen het. Hulle sal nogal aantreklik wees en ’n gelukkige lewe lei.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag sal daar ’n paar verrassings wees. Dit sal nie jou lewe verander nie, maar ’n paar klein dingetjies sal verrassend goed uitwerk. Hierdie verrassings behels meestal dat ’n klein droom of wens skielik bewaarheid word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die astrologieboeke lui die sterre wat jy vandag het lei tot bevordering, maar dit gebeur nie altyd nie. Die bevordering is meer dikwels klein of dalk neem jy vir ’n kort rukkie die besluite.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die sterre wat jy vandag het, bring dikwels kontak mee met mense op ver plekke, moontlik plekke oorsee. Hierdie sterre kan daarop dui dat jy besprekings maak vir ’n reis in die nabye toekoms. Daar word ook oor troues gepraat.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar skielike uitgawes. Dis moeilik om te sê presies wat die uitgawes is, maar hulle sal waarskynlik oor iets ampteliks wees. Dalk word jy beboet omdat jy onwettig parkeer het. Maak seker dit gebeur nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre om saam met mense te werk, veral mense wat dalk as ’n bietjie eksentriek of minstens onkonvensioneel beskou word. Dis nie ’n tyd om te oordeel nie, dis tyd om die kleurvolle mense te geniet.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal gevra word om vreemde en ongewone dinge by die werk te doen. Jy gee nie om vir die verandering in jou roetine nie, maar mag dalk vind dis moeilik om die werk betyds en suksesvol te voltooi volgens die riglyne wat vir jou neergelê is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir liefde en toegeneentheid, maar dis ’n werkdag en dit sal nie vir jou maklik wees om die sterre te benut nie. Hierdie sterre sal teen die aand vervaag, maar jy kan dalk nog iets regkry as jy vinnig is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets sal skielik en onverwags eindig. Dit is byna seker dat dit werk behels. Jy sal weer moet dink oor van jou roetines en sal gewoontes wat jy ’n ruk lank gehad het moet verander.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Kort reise sal op die een of ander manier die hoogtepunt van die dag wees. Dalk koop jy eindelik iets wat jy al lank wil hê of dalk is daar ’n soort karprobleem wat jy laat regmaak of minstens kry jy dit reg om dit te ignoreer.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy veg vir iets en net wanneer jy wil tou opgooi, is daar ’n deurbraak. Aanhouer wen. Al wat jy nou moet doen, is om uit te werk wat jy ná al hierdie sukses gaan doen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy hou daarvan om die meeste van die tyd jou gang te gaan en nie by ander mense se probleme betrokke te raak nie. Maar soms word jy rebels en vandag is daar net die regte sterre om die rebel in jou na vore te laat kom.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets uit die verlede word opgerakel. Dis nie so ’n groot ding nie, maar jy verkies dat dit in die verlede bly en sê so. Soms kan dit soos ’n rooi vlag voor ’n bul wees as jy vir mense sê hulle moet jou uitlos. Wees dus diplomaties.