Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n onvergeetlike jaar te wees. Jy sal baie ontdekkings oor die lewe en jouself maak. Jy sal heeltemal nuwe dinge ervaar en baie merkwaardige mense ontmoet.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal bedrywig en ondernemend wees. Hulle sal baie gewild onder hul vriende wees en hul vriende lank behou. Hulle bereik sukses met ongewoon vooruitstrewende optrede en idees. Hulle is lief vir nuwe dinge.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die sterre vir vandag lyk goed, maar daar is ’n moontlikheid dat jy sake sal bederf omdat jy te vrypostig is en nie aan die mense om jou dink nie. Jy moet jouself herinner aan die stemming en watter tyd van die jaar dit is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets wat jy wou hê, sal eindelik na jou kant toe kom, maar dit sal nogal ’n antiklimaks wees en jy sal wonder waarom jy aanvanklik daaroor opgewonde was. Maak seker jy parkeer op die regte plek en nie te lank nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Al is dit laat in die week, kan iets nuuts vandag begin. Dit kan ’n projek wees waarvoor ’n vennootskap of ’n groepspoging nodig is. Wanneer dit begin, sal jy oor die uitgawes bekommerd wees.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal jouself verras en dit is ’n groot prestasie. Jy vlieg deur die take wat jou gewoonlik verveel en uitput. Die vreemde ding is, wanneer jy hierdie take uitvoer, doen jy dit beter as gewoonlik.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit is ’n goeie dag om te doen waarvan jy hou. Daar is effens ontstellende toestande aan die broei en as jy nie versigtig is nie, kan jy jou eie ondergang veroorsaak en situasies skep wat vir jou verleentheid veroorsaak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou gedagtes is by huishoudelike en eiendomsake. Jy begin dink dalk selfs daaraan om na ’n ander omgewing te trek. Jy probeer die logika in jou gedagtes sien, maar soms werk logika nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit is ’n goeie dag om take af te handel wat jy heeltyd dink te moeilik is. Met hierdie sterre sal jou denke verrassend helder wees. As jy net elke dag so helder kon dink…

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Tot dusvêr het jy dit reggekry om vandeesweek nog geen groot foute te begaan nie. Probeer nou om tot die naweek foute te vermy. Gelukkig het jy goeie sterre wat jou sal ondersteun. Jy is oor uitgawes bekommerd.

LEEU (24 Jul. -23 Aug.)

Toe jy vanoggend opstaan, het jy gewonder of ’n aaklige dag voorlê. Gelukkig is jou bekommernis ongegrond, want ’n goeie stemming heers. Jy sal deur die dag kom en ’n bietjie verder voor wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Mense wat jou hulp nodig het, sal dit sekerlik vandag kry, want jy sal terugdink aan die tye toe jy hulp nodig gehad het en niemand jou wou help nie. Daar is onverwagte uitgawes vir die huishouding.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iemand kla oor hoe swaar die lewe kan wees en dat hulle onregverdig behandel is, maar jy weet van beter. Die moeilike deel van die dag is om niks te sê wanneer die persoon of persone so kla nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Prettige dinge gebeur rondom jou, maar jou aandag is by werk wat jy voor die vakansie moet klaarkry. Die enigste ding wat jou vandag irriteer, is wanneer jy sien dié wat dit nie verdien nie, het ’n rustige dag.