.

JOU DAG

Jy is lus om veranderinge te maak, maar moenie die weerstand onderskat wat jy dalk mag kry nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die versoeking om werk en geld eerste te stel. Maak tyd om saam met vriende en familie te kuier en maak ook tyd vir jouself.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is lus om die besluite te neem, maar daar’s ’n groot verskil tussen die leiding neem en eenvoudig baasspelerig wees. Dominerende gedrag sal tot drama lei. Dis nou die tyd om nederig te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vra hulp as jy oorlaai is met werk. Deel jou doelwitte en drome met ’n vriend of familielid wat jy vertrou. Dit sal jou selfvertroue vermeerder terwyl jy daarna streef om jou drome te bewaarheid.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om sake behoorlik te bespreek met ’n goeie vriend wat jy vertrou. Weerstaan die lus om ’n familielid of gesagsfiguur kwaad te maak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal dalk ’n manipulerende mens moet hanteer wat jou op die een of ander manier probeer beheer. Praat met ’n vriend wat jy kan vertrou as sake te moeilik word. ’n Gedeelde probleem is ’n gehalveerde probleem.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie aanneem jy het al die antwoorde nie. Hoe meer jy ander probeer beheer hoe meer uitdagings sal die dag inhou. Verlig die las met luilekker wegbreke en baie humor.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Wil iemand jou laat skuldig voel? Aanvaar verantwoordelikheid vir jou aandeel in die huidige situasie, maar moenie jou klaar maak daaroor nie. Wees proaktief as iemand hulp nodig het.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die fokus is op jou werk of die reputasie wat jy in jou vriendekring het. Jou familie en kollegas het baie ruimte nodig. Nie een van hulle wil vandag vasgekeer wees nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit kan tot konfrontasie lei as jy ander probeer beheer of dwing. Staan terug, Skerpioen, en herwaardeer die situasie. Gebruik jou kragtige Pluto-energie om mense positief te beïnvloed.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Maak seker jy doen eers baie navorsing en voorbereiding vir ’n uitdagende geldsituasie of moontlike werk. ’n Oorhaastige, onverskillige benadering sal nie dié keer werk nie!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit voel of jy in twee geskeur is omdat werk- en verhoudingsverantwoordelikhede jou aandag eis. Dit laat jou emosies wipplank ry. Vat dit kalm.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die druk by die werk word al meer en dit voel of alles so gou moontlik gedoen moet word. As jy gedissiplineerd en aanpasbaar is, sal jy sonder groot drama deur die probleme kan werk.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Maak staat op jou intuïsie om te weet hoe om ’n sensitiewe situasie met ’n kind of vriend te hanteer. Party enkellopendes kan deur die noodlot iemand met ’n Mercurius-tipe persoonlikheid ontmoet wat ’n goeie prater is.