Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n goeie jaar te wees. Dit is ’n tyd wanneer jy ontdekkings oor jouself en die lewe oor die algemeen gaan maak. Daar gaan lekker verrassings wees wanneer goeie dinge in jou skoot val. Jy gaan ’n punt bereik waarop jy nie meer sal kan omdraai nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas het ’n briljante verstand en is getroue werkers, maar hul insig in mense kan hulle eendag in die steek laat. Hulle gaan hulle laat ompraat om lank en hard aan projekte te werk wat nie ’n goeie kans op sukses het nie. Hulle is vriendelik.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die volmaan val vandag in ’n hoek wat jou huwelik en intieme verhoudings raak. Dit maak vandag ’n goeie dag om te konsentreer op alles wat verband hou met vennootskappe en intimiteit.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring nuwe werkomstandighede en jy bekommer jou ietwat. Daar is nie regtig rede tot kommer nie, maar omdat jy ’n Maagd is, gaan jy jou bekommer tot jy alles behoorlik kan uitpluis. Die week begin nie op ’n skouspelagtige noot nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die sterre laat vandag die kollig val op kinders en jong mense. Dit kan verskeie betekenisse hê, maar gewoonlik beteken dit jy word omring deur klein kinders en het minder tyd om na jou sake om te sien.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die huis en talle huishoudelike sake is vandag belangrik. Dié sterre het ’n goeie gevoel, want dit bring iets tot ’n einde en maak die lewe makliker. Al wat jou nou moet doen, is om jou werkweek goed te begin.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre om jou grysstof op legkaarte of kriptiese blokraaie te gebruik. Al probleem is dat jou baas verwag jy moet sy werk doen; sit dus maar die blokraai weg en doen die werk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die sterre span vandag saam om jou sekere geldsake te help uitstryk. Gewoonlik is Maandag die dag waarop jy moet bereken hoeveel jy op die ander weekdae moet bestee, maar vandag kyk jy veel verder vorentoe.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die volmaan gaan jou vandag ’n bietjie rusteloos maak. Jy gaan van sitplek na sitplek wil skuif en weet nie regtig wat jy wil doen nie. Al raad is, kies die moeilikste taak en handel dit eerste af.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die volmaan in jou 12de hoek bring irriterende vertragings en ’n bietjie ongerief. Dit is een van daardie tye dat jy hard probeer om dinge te laat gebeur, maar dit blyk hoe meer jy probeer, hoe minder uitslae kry jy.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag val die klem op jou drome en hoop. Dit laat jou nadink oor dit wat jy graag wil hê, maar gaan dit nie noodwendig laat waar word nie. Natuurlik sal aansporing in die regte rigting die bal aan die rol kan sit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die sterre bring vandag ’n verbetering in jou persoonlike aansien. Dit is dalk weens iets wat jy verlede week of selfs verlede maand gedoen het. Dit is lekker wanneer ’n plan slaag. Nou moet jy aanbeweeg na die volgende onmoontlike taak.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Baie dikwels hou vandag se soort sterre ’n probleem in met of deur ’n lid van skoon- of eie familie. Gewoonlik is dit ’n geval waar die persoon sukkel met ’n taak wat hulle aanpak, maar nie kan klaarmaak nie. Jy is daar om hand by te sit.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets eindig vandag. Dié einde is nie belangrik nie, maar jy let op daarna en doen jou bes om seker die einde verloop soos verwag. Gedeelde geldsake kan jou hoofbrekens besorg.