Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n besige en suksesvolle jaar te wees, maar daar is lokvalle vir dié wat nie versigtig is nie. Wees op jou hoede wanneer jy ander met jou geld en waardevolle besittings vertrou. Van jou planne sukkel en misluk.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal suksesvol wees op gebiede wat die smaak van die publiek behels. Hulle sal goed vaar in handel in vloeistof of kos en enigiets wat met die oseane of verskeping te doen het. Hulle is geïnteresseerd in vreemde en ongewone dinge.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag heers goeie omstandighede vir die Ram. Jy bereik ’n soort doelwit. Omdat dit nie ’n werkdag is nie vermoed ek die doelwit het met ’n stokperdjie of tydverdryf te doen. Kan dit wees dat jou troeteldier ’n prys op ’n skou wen?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal ernstig gepraat word oor godsdienstige of filosofiese sake. Vir baie Bulle is die onderwerp vandag die huwelik omdat jy na ’n troue genooi is. Die goeie nuus is alles lyk goed vir dié soort aktiwiteit.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar sal nog uitgawes wees. Dis waarskynlik vir ’n soort reis. Dalk bespreek jy vir ’n vaart of ’n uitstappie see toe. Wat dit ook al is, die omstandighede lyk goed en jy sal ingenome met jouself wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is die kosmiese fokus op die huwelik en intimiteit. As jy ’n troue of doop bywoon, kan jy verwag dat vandag nogal spesiaal sal wees. Sake lyk goed. Ontspan en geniet dit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jy ’n bietjie olik voel, moenie bekommerd wees nie. Jy sal teen die namiddag beter voel wanneer jy van die dinge sal kan doen wat jy beplan het om vandag te doen. Vanaand heers daar ook goeie omstandighede.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy is halfpad met iets wanneer jy moet stop en met iets nuuts begin. Dis irriterend, maar op die ou end sal dinge uitwerk. Die goeie nuus is dis ’n goeie dag vir liefde en romanse.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het tyd en lus vir werk aan jou huis. Met die sterre wat jy het, sal jy iets wil afbreek om dit met iets beter te vervang. Moenie te haastig met die afbreek wees nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis ’n besige dag en jy hardloop baie rond. Die goeie ding is jy kry wat jy wil hê en hoewel jy nie baie lof of waardering vir jou moeite kry nie, sal jy ’n ruk lank tevrede voel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk of jy jou oor geld bekommer. Dis niks ernstigs nie, maar dalk het jy die koste van iets onderskat. Dis dalk wys om ’n bietjie ekstra geld by jou te hou of minstens jou kaart byderhand te hê.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag begin iets. Dis vir jou ’n opwindende tyd, want jy het uitgesien na hierdie begin en noudat dit hier is, is jy nie heeltemal seker wat jy wil hê nie. Moenie bekommerd wees nie. Dit is tog wat jy wil hê.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre om dinge af te handel. Jy het dit in jou kop uitgewerk en weet presies waarheen jy op pad is. Dis tyd om effens waagmoedig te wees, maar moenie dinge doen of sê wat ander kan aanstoot gee nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit voel of jy van stryk gebring is deur onlangse gebeure, maar die omstandighede vandag is goed. Fokus dus op wat belangrik is. Daar is goeie sterre om mense te ontmoet en interessante aktiwiteite saam met hulle te doen.