Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Mense wat jy bewonder en respekteer, gaan jou ’n paar keer verraai. Vanjaar gaan alles wat oor jou pad kom in die openbaar en onder vernederende omstandighede gebeur.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie babas gaan baie aantreklik wees en ’n sagte geaardheid hê. Hulle gaan te maklik vertrou; daarom gaan mense hulle gereeld in die steek laat. Hulle gaan ambisieus en vaardig wees en dus beslis hoë hoogtes bereik.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy gaan graag met ander mense wil saamwerk, maar jy moet versigtig wees, want iemand gaan effe agtelosig wees en die skuld op jou probeer pak. Wees dus versigtiger.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die sterre lyk goed vir liefde en romanse. Hierdie sterre gaan openlike toenadering soek, maar daar is strikke vir die onversigtiges. As die toenadering van ’n kollega kom, moet jy uiters diskreet wees. Al is dit nie van ’n kollega nie, wees nietemin diskreet.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou sterre hou vandag verband met die liefde, romanse, vriende en iets wat met ’n wens verband hou. As jy daaraan dink om ’n verhouding met ’n vriend aan te knoop moet jy dit heroorweeg, want daar is risiko aan verbonde; jy kan ’n goeie vriend verloor.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan ’n paar lekker take kry. Dit gebeur nie gereeld nie; geniet elke oomblik daarvan. In ’n sekere opsig gaan jy tydens hierdie take iets moet eindig. Daar is sprake van ’n partytjie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag se sterre lyk belowend. Soms hou hierdie sterre verband met die koop of verkoop van die een of ander artefak. Waar die Steenbok betrokke is, is dit gewoonlik iets met antieke waarde, dalk ’n ou beeld.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Geldsake duik weer op. Dit is dalk omdat jou kredietkaart die afgelope tyd baie gebruik word en noudat jy die perk bereik, raak jy bekommerd. Tipies Waterdraer, maar pret.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir saamwerk, veral met mense van wie jy hou en met wie jy goed klaarkom. Daar is ook die geleentheid vir ’n kuiertjie in die middag, maar jou werklading lyk buitengewoon swaar.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Ek weet dit klink vreemd, maar vandag lyk jou sterre goed vir werksake. Met hierdie sterre gaan jy eintlik jou werk geniet en jy gaan dit goed doen, wat die bewondering en respek van belangrike mense kan meebring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Venus in jou hoek van die liefde en romanse en Neptunus in jou hoek van hoop gaan iets lekkers vir jou liefdeslewe teweegbring. Dis onduidelik hoe dit vir jou gaan werk, maar jou vooruitsigte lyk goed.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir werk aan jou huis. Hierdie sterre gaan jou kenmerkend goeie smaak beïnvloed en jy gaan met taamlik goeie idees vorendag kom om sekere vertrekke of ruimtes se voorkoms en gemak te verbeter.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy gaan met baie mense kontak hê. Dit gaan meestal met familielede wees en gaan dalk oor die een of ander viering handel. Iemand kan dalk ’n verjaardagpartytjie of ’n ander makietie reël.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou sterre lyk goed vir geldsake. Soms bring hierdie sterre klein wengeld mee; dalk moet jy belê in ’n loterykaartjie. Andersins lyk jou sterre goed vir tyd saam met vriende en kennisse.