Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir die jaar, maar waak teen misleiding of bedrog. Dié misleiding is meestal verwant aan sake of werk, waar mense voordeel sal trek uit jou goedgelowige aard.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal sukses behaal op ’n gebied waar hulle met die publiek te doen kry. Hulle gaan die gawe van versiendheid hê, en gaan dus weet wanneer om op te tree en wanneer om te wag. Dit bring sukses later in die lewe.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar lê uitgawes vir jou voor. Dit word óf vandag bereken óf kom vandag, hoe dit ook al sy, jy is besonder omgekrap daaroor. Ongelukkig sal jy moet opdok as jy goedere gekoop het. Gelukkig kan jy dit bekostig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is ’n behoefte dat jy jou besteding in toom moet hou. Daar is ’n paar bykomende uitgawes oor die naweek en vandag is jou laaste kans om seker te maak dat jy iets ekstra het om enige onvoorsiene uitgawes te dek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Werksake vereis van jou om verby jou gewone kapasiteit en tyd te werk. Dit is die prys wat jy moet betaal wanneer jy bo wil uitkom. Moenie bekommerd wees nie; teen die middag lyk dinge effe rustiger.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Werksake gaan jou besig hou, want daar is spertye en jy het nie die vrye tyd wat jy altyd het nie. Daar is terselfdertyd ook goeie sterre vir liefde en romanse; knyp dus ’n tydjie daarvoor ook af.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kry die begeerte om van goed ontslae te raak. Gewoonlik is dit ’n goeie idee, want ons is almal geneig om items op te gaar ingeval ons dit oor 20 jaar nodig kry. Gooi gerus dit uit wat jy nie nodig het nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is bedrywiger as gewoonlik op ’n Vrydag. Ongelukkig rig jy nie veel uit met hierdie aktiwiteit nie, maar ten minste kry jy die kans om tydens jou middaguur of teepouse rustig te verkeer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Kyk na jou geldsake. Iemand gaan jou in hierdie verband in die steek laat en jy sal iets ekstra nodig hê om oor die weg te kom. Dit is nie baie nie, maar soms is dit baie ongerieflik wanneer jy net-net te kort skiet. Andersins is dit ’n goeie dag.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag begin iets waarin jy belangstel. Dit hou heel waarskynlik met werk verband; daarom sal jy die grootste deel van jou werkdag daaraan dink. Ek voorsien nie dat jy iets daaraan doen nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

In ’n sekere opsig laat vandag se sterre jou terugkyk. Jy kyk na wat aan die gang is en jy doen jou bes om foute uit te sorteer sodat jy kan aanbeweeg na iets wat interessanter en opbouender is.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Die dag lyk goed vir tyd saam met vriende en kollegas deurbring. Hierdie toestande is goed vir partytjies of reünies, asook familiepartytjies. Nog iets goeds oor vandag: Daar is ’n sterk moontlikheid dat jy ’n droom sal sien bewaarheid word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets gebeur wat jou aansien verbeter. Dit sal nie baie verbeter nie, maar nou is enige verbetering welkom. Daar is ook ’n goeie kans dat jy die aand interessante mense sal ontmoet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is die einde van die werkweek en alles raak rustiger. Gebruik dit en maak reg vir die volgende week, want daar is ’n aanduiding dat jy dan die grootste deel van die week in volle vaart sal wees. Die aand lyk goed.