Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is uitstekende sterre vir jou vanjaar. Hierdie sterre bring dalk wengeld, maar dit is nie baie waarskynlik nie. Wat wel waarskynlik is, is ’n soort bevordering of dalk vorder jy na ’n hoër pos met ’n groter salaris.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het uitstekende sterre. Hierdie sterre bring ’n lewendige verbeelding en poëtiese siel. Hulle het ’n groot waardering vir alles wat mooi is. Hulle het hoë beweegredes en ambisies. Hulle sal baie gewild wees en sal goed vorder.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit gebeur nie gereeld nie, maar jy begin die dag en week met ’n lied in jou hart en ’n glimlag om jou mond. Die goeie nuus hier is, jou sterre is van so ’n aard dat dit so sal aanhou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets van die verlede duik op. Lang afstande en die verlede is hier ter sake. Op seldsame geleenthede gebeur hierdie sterre wanneer iemand wat jy tydens ’n vakansie ontmoet het, weer in aanraking kom om jul vriendskap te laat herleef.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets waarop jy hoop, gebeur eindelik vir jou. Dit is heel moontlik iets kleins, maar wanneer dit gebeur, voel jy bly, want jy het gedink dit was reeds oor en verby. Dit is ’n gelukkige dag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag bring blykbaar werk wat jy geniet. Dit beteken dalk jy doen werk wat moeilik genoeg is om jou te laat dink, maar nie so hard dat jy swoeg en eindelik hulp sal nodig hê nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal nuus uit die verre wees wat jou werk raak. Soms veroorsaak vandag se sterre die einde van een ding en die begin van iets anders. Wat dit ook al is, dit sal goed afloop, want Jupiter is betrokke.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy sal graag wil hê iets moet gebeur. Ek gaan nie sê waarvoor jy wens nie, maar aangesien jy die Ram is, is dit maklik om te raai wat dit is. Die goeie nuus is, Jupiter in jou hoek vir liefde sal vir jou werk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring die einde van iets. Met vandag se sterre sal jy eintlik die een wees wat die einde teweegbring, want jy beplan om dit met iets moderners te vervang. Maak seker almal weet.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy verwag min of meer om die eerste dag van die week op een plek te wees en alles vir die res van die week voor te berei, maar die kans hiervoor is skraal. Jy sal taamlik rondhol.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie toestande vir geldsake. Baie dikwels bring vandag se sterre ekstra kontant mee. Op seldsame geleenthede is die kontant van die een of ander soort wengeld. Ek stel my voor ’n krapkaartjie sal nie seermaak nie; dalk wen jy iets.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is daarop uit om uit te brei en wanneer die Leeu in daardie bui is, moet die wêreld pasop. Nie dat dit ’n probleem is nie, want wanneer alles weer rustig word, lyk dinge beter; selfs jou kritici moet dit erken.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is taamlik goeie sterre vir tyd saam met familie en bure. Dit is ’n jammerte dit is ’n werkdag, want vandag se sterre is goed vir sosiaal verkeer en mense leer ken. Iemand sal ’n aankondiging maak.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit lyk goed vir geldsake en alles verwant aan persoonlike besittings. Dit beteken nie jy kan dit bekostig om onverskillig met jou persoonlike besittings om te gaan nie; dit beteken nou is ’n goeie tyd om items vir jou stokperdjie te koop.