Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou baie belofte in. Jy sal dinge buite jou aard aanpak en jy steek die grens oor in sake wat goeie smaak en gesonde verstand behels. Jy is geneig om te vrygewig te wees; dit sal belonings en probleme inhou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is openhartig, ongebonde en vrygewig – soms tot die punt waar dit onverstandig is. Hulle gryp die lewe met geesdrif en selfvertroue aan. Hulle sal goeie bestuurders en leiers wees en verdien respek. Hulle verdien wins uit bedrywe wat hulle self aanpak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar goeie sterre vir geldsake en werksomstandighede. Soms bring die sterre wat jy tans het verhoogde betaling mee. Ander kere veroorsaak hulle dat jy ekstra geld verdien met ’n tweede werk of ’n ekstra takie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die goeie sterre wat jy het, sorg vir goeie omstandighede wat jou liefdeslewe betref of om te wen. As jy baie gelukkig is, bring hulle tegelyk vir albei goeie omstandighede. Enige oorwinnig sal egter baie klein wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Onder omstandighede lyk dit of dit beter sal wees om stil op die agtergrond te werk, veral om ’n projek te voltooi. Dis nie duidelik wat die projek is nie, maar dit het moontlik met die huis en omgewing te doen.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy kry iets wat jy wou hê, iets wat waarskynlik met reis, vervoer of kommunikasie te doen het. Vir sommige Tweelinge beteken dit hulle kry ’n nuwe voertuig, maar vir die meeste is dit nuwe foondinge.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Planete beïnvloed jou hoek vir jou werk, loopbaan en geldsake. Hierdie planete se ligging is gunstig; dus behels die veranderinge dat jou werkomstandighede verbeter en gevolglik ook jou geldelike status.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink aan reis. Sommige Leeus dink hoe lekker dit sou wees om nou oorsee te kerjakker. Ek weet reis oor water is nie gewoonlik aanloklik vir die grondliewende Leeu nie, maar vandag is dit.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Iets wat jy ’n ruk gelede gedoen het, maak ’n terugkeer en dit wys jy was reg. Dis nie regtig so belangrik nie, maar is wel vir jou omdat jy teen vooroordeel baklei het om jou idees te laat hoor. Dit wat nou gebeur, regverdig jou idees.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets waarop jy gehoop het breek aan. Dit lyk of dit jou huwelik of intieme verhoudings behels. Waarheen dit jou sal neem, is nie duidelik nie, maar jy sal wel baie gelukkig voel oor jou lewe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Van die gelukkiger Skerpioene sal vandag bevorder word. Dit sal meer verantwoordelikheid en geld beteken. Vir die meeste Skerpioene bring vandag se sterre bloot meer werk en verantwoordelikheid mee.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre en geleenthede vir liefde en romanse. Moenie die sterre laat verbygaan sonder om voordeel daaruit te trek nie, want die dinge waaroor ons die spytste is, is die geleenthede wat ons raakgesien maar geïgnoreer het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry ’n rekening wat jy liewer nie wil betaal nie, maar jy weet as jy dit nie vereffen nie, sal iets eindig wat jy geniet. Al plaas dit jou in ’n moeilike posisie, sal jy moet besluit hoe dit gaan werk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy hardloop meer rond as gewoonlik. Dit het moontlik met werk te doen en dat jy aan ’n pretloop gaan deelneem. Dis pret, maar maak seker daar is geen gevolge wanneer iemand jou sien sit en ontspan nie.