Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy bereik ’n wesenlike hekkie in ’n projek wat¬¬¬ jy ’n ruk gelede begin het. Jy sal dink die hekkie sal jou stop, maar jy gebruik die Tweeling se vernuf en werk ’n oplossing uit. Die omstandighede vir jou liefdeslewe lyk goed.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het die talent en dryfkrag wat nodig is om roem en rykdom te bereik. Hulle sal mettertyd welbekend word. Hulle het ’n belangstelling in die kunste en ook ’n talent in een of meer daarvan. Hulle is aangename mense.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die maan wat in haar laaste kwartier is, is in jou tiende hoek. Dit bring ’n paar dinge mee. Die finale fase van ’n projek is een daarvan. Nog een is dat jy in ’n posisie met meer beheer geplaas word. Hanteer die druk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie omstandighede vir langafstandreise. Al wat jy nou nodig het, is die geld om oorsee te gaan en tyd af om dit te geniet. Ongelukkig sal net ’n paar Krewe nou dadelik kan wegglip. Jy sal dalk geduldig moet wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy kry een van daardie gehate vensterkoerverte. Die probleem met hierdie koeverte is jy kan hulle nie vermy nie. Hulle volg jou oral. Dit lyk asof jy dit sal moet oopmaak en gereed maak om jou spaarrekening te takel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het goeie sterre vir vandag. Dit lyk nie asof jy onder hierdie omstandighede tussen die sterre speel nie, maar daar sal teerheid en nabyheid wees. Soms kan hierdie sterre ’n droom laat waar word. Kom ons hoop dit is nou.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is ’n klein krisis wat werk behels. Dis nog een van daardie tye wanneer jy probeer om die enigste kalm een in die vertrek te wees. Ek hou nie van jou kanse nie, Weegskaal. Party mense kan byna enigeen oor niks paniekerig maak.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die laaste kwartier van die maan in jou hoek vir liefde en romanse bring goeie omstandighede mee vir liefde, maar natuurlik is dit ’n werkdag. Jy sal die vreugdes misloop wat hierdie sterre meebring tensy jy kan reël om tyd af te kry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig eindelik. Dis presies wat jy wou hê. Jy moet met iets nuuts en meer modern begin. Die enigste manier hoe dit sal gebeur, is as jy die ou projekte laat vaar sodat die nuwes aan die gang kan kom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk of jy vandag baie rondhardloop. Jy het baie om te doen, maar beperkte tyd. Saam met die chaos is daar ook dinge wat jy vir jouself wil doen – belangrike dinge.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Hou ’n ogie oor jou geldsake. Daar is uitgawes op pad en dis nie nodig om jou in die verleentheid te stel omdat jy nie die kontant in die sak of geld op jou kaart het om daarvoor te betaal nie. Iemand gee vir jou ’n klein geskenk of is dit andersom?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is weer tussen twee vure. Soos gewoonlik is die enigste uitweg om die minder slegte opsie te kies. Jy hou nie daarvan om dit te doen nie, want jy is geneig om baie oor sulke sake te dink.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

’n Fout wat iemand ’n ruk gelede gemaak het, sal negatiewe gevolge vir jou inhou. Wat jou die meeste grief is dat dit heel waarskynlik nie jy is wat die fout gemaak het nie. Dit keer mense nie om jou daarvoor te blameer nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Goeie omstandighede heers wat kuiers met vriende en kollegas sal meebring. Dit sal jou gelukkig laat voel en omdat jy gelukkig is, sal jy lekkerder saam met die mense om jou kuier. Dis ’n goeie dag.