JOU DAG

Vandag se sterre kan meebring dat jy produktief en simpatiek is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Waag dit die volgende 12 maande om jou drome na te volg. Daar is veral goeie omstandighede vir gesamentlike waagstukke. Die saamwerkery kan tot langtermynsukses lei.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Wanneer dit by gesamentlike geldsake kom sal jy meer suksesvol wees as jy meer gedissiplineerd en gefokus is. Moenie kitsresultate verwag nie. Stadig maar seker wen dikwels die beker.

BUL (21 Apr.-21 Mei.)

Besige Bul, jy is gereed om iemand in nood te help. Die sterre dui daarop dat jy iemand in jou gemeenskap help. As jy prioritiseer, sal jy take kan afhandel sonder om uitgeput te voel.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Venus en Jupiter beweeg albei deur jou sone vir kommunikasie en jy is dus in die bui om te gesels, boodskappe te stuur, te twiet, nuus te deel en ’n hond uit ’n bos te kuier.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die son, Mercurius en Mars gee jou selfvertroue ’n hupstoot en jy pak take met entoesiasme en geesdrif aan. Die omstandighede is goed vir geldsake – solank jy nie toegee aan die begeerte om impulsief te koop nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Venus beweeg deur jou teken tot 19 Julie. Dis is dus die perfekte tyd om jou voorkoms te verbeter met skoonheidsbehandelings en nuwe klere. Jy kan ook nou ’n paar beloofde gunste opeis.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die beste manier waarop jy tans geliefdes kan help, is om hulle op praktiese maniere te ondersteun terwyl hulle hul drome navolg. Kritiek is uit en bemoediging in.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Probeer om prakties en volhardend te werk. Invloedryke mense wag om jou te help. Al wat jy moet doen, is die moed bymekaar skraap en hulle vra.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Wees vandag baie duidelik wanneer jy iets aan ’n kind, tiener of vriend verduidelik anders kan daar maklik ’n misverstand wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Die aktiewe Boogskutter sal help! Jy is vrygewig en bereid om op praktiese wyses te help. Maak net seker jou hulp word benodig voor jy aan die werk spring.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Dit sal ander help as jy in jou gemeenskap van diens is en dit sal jou beter oor jouself laat voel. Jy het baie talente om te bied. Maak dus tyd om hulle tot ander se voordeel in te span.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Is daar probleme tussen jou en ’n familielid? As jy diplomaties is en bereid is om saam te werk, kan julle die probleme oplos en dan kan die verhouding ’n goeie een word.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Sê vandag openlik hoe jy voel. Hoe meer jy dinge vir jouself hou, hoe meer sal hulle jou pla. Dit sal jou selfvertroue laat taan. Daar is goeie sterre vir familie, vriende en stokperdjies.