Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy sal in die jaar wat voorlê jou daarop toespits om die ou hout uit te kap wat jou lewe onnodig vul. Dit beteken jy sal mense agterlaat wat jou siel versondig, en vashou aan dié wat jou lewe betekenis gee.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is baie intens. Hulle is baie geheg aan die huis en familie. Hulle is baie beskermend oor hul familie, veral die vroulike lede. Hulle het ’n goeie verstand en is daartoe in staat om verder te leer. Die sakewêreld en geldsake is hul belangstellings.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Mense of omstandighede op veraf plekke sal van belang wees. Dikwels bring die sterre wat jy vandag het kontak met mense wat op pad is om oorsee te gaan of wat pas van ’n buitelandse kuiertjie teruggekeer het. Dalk is dit ’n verwelkomingspartytjie?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

As jy bestuur, maak seker jy volg die reëls. Onthou, daar is ook Saterdagoggende beperkings op waar jy mag parkeer. Met die sterre wat jy het, kan jy beboet word omdat jy voet in die hoek gesit of onwettig parkeer het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het baie goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal jou nader bring aan iemand en jou ’n nuwe uitkyk op die lewe gee. Dit is ’n goeie dag om in diverse geselskap te wees jou tot sake te verbind.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met klein diertjies of troeteldiere te doen het. Dalk skou jy met jou hond of kat, wat ’n prys of twee kan wen. Vir sommige Ramme bring hierdie sterre ’n nuwe troeteldier in die huis. Jy is in ’n gelukkige luim.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die maan in jou vyfde hoek bring goeie sterre vir romanse, maar die maan het hulp nodig as jy uit hierdie omstandighede wil voordeel trek. Dis nodig dat jy die atmosfeer romanties maak met sagte beligting en strelende musiek.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy konsentreer op dinge wat met die huis te doen het. Dit is ook die einde van iets by die huis. Dis moontlik ’n huishoudelike toestel wat nie meer geskik vir gebruik is nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal baie rondhardloop. Dikwels sal mense wat die sterre het wat jy vandag het, na iets soek wat nogal skaars is. Gewoonlik kry hulle dit, maar eers ná ’n goeie skeut vrees en irritasie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis ’n goeie dag om jou rekeninge na te gaan. Met jou huidige sterre sal jy waarskynlik op die een of ander onreëlmatigheid afkom. Dis iets wat jy nie moet ignoreer nie. Dit is ook ’n goeie dag om goed vir die huis te koop, veral klein items.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy begin met iets nuuts. Jy wag waarskynlik al die hele week om daarmee te begin, want die opgewondenheid laai op. Wanneer dinge aan die gang kom, sal jy verheug wees. Dis tyd om iemand in jou vreugde te laat deel.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

’n Fout of dalk ’n reeks foute sal opduik en jy sal dit moet regstel. Gelukkig sal jy tyd daarvoor hê en sal jy dit kan regstel sonder dat te veel mense jou dophou.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is uitstekende sterre vir samesyn met vriende. Wanneer jy hulle dié keer sien, sal jy iets kry wat jy wil hê. Dis moeilik om te sê wat dit is, maar dit is iets wat jou bly ontwyk het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou ego en aansien kry ’n klein hupstoot. Dit is lekker dat dinge ’n slag in jou guns is. Dalk sê iemand wat jy ken, jy is wonderlik. Dis ’n goeie openbaring.