Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n baie stil jaar, maar daar sal gebeure wees wat jou lewe vir ’n baie lang tyd sal raak. Jy sal belangrike dokumente onderteken, meestal kontrakte en ooreenkomste wat jou vir lank gaan affekteer.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n goeie verstand. Hulle is vinnig, veelsydig en ontvanklik. Hulle word nie maklik vir die gek gehou nie, maar sal geneig wees om oormatig bekommerd te wees oor sake wat nie juis belangrik is nie. Hulle het ’n vrugbare verbeelding.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy bestee vandag baie tyd om te werk aan wat jy in die komende jaar kan doen en hoe jy dit aan die gang kan kry sodat dit nie jou daaglikse lewe bemoeilik nie. Jy sal dalk aan jou idees moet werk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Op snaakse tye van die dag sal dinge uit die verlede in jou kop opkom. Jy sal dink oor hoe jy sou teruggaan en van die dinge regstel wat jy gesê en gedoen het. Tyd is ’n eenrigtingstraat en dus kan jy nie teruggaan nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vriende sal belangrik wees. Die sterre vir vandag bring gewoonlik kontak met vriende, maar dis nie duidelik of jy hulle kontak of hulle vir jou nie. Hoe ook al, jy sal iemand kan vertel jy hou van hulle en dis wat belangrik is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal ’n voorstel wees dat jy beheer van ’n taak of afdeling moet neem. Dit sal lekker wees om die afdeling oor te neem, want jy sal van jou idees tot uitvoering kan bring, maar die kans is goed dat jy net ’n werk oorneem.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jou gedagtes is by ver afstande. Jy maak dalk langafstandoproepe of stuur ’n boodskap aan iemand baie ver weg of dalk oorsee. Dis pret, maar het nie veel betekenis nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy kry ’n onwelkome brief. Met die sterre wat jy vandag het, is dit gewoonlik ’n brief van die versekering dat jou premie gaan styg – en dis nuus wat ons almal vrees. Jy kan met hulle probeer beding.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink na oor vennootskappe en intieme verhoudings. Ek sien nie dat dit op veel afstuur nie, maar dit sal pret wees om te dink aan hoe aangenaam iemand is en hoe wonderlik dinge ’n kort ruk gelede was.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die baas sal so bly wees wanneer hy sien jou gedagtes is byna uitsluitlik by werk. Ek dink nie dit sal veel skitterende resultate oplewer nie, maar minstens sal jy diep dink oor jou werkprobleme.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Een van twee dinge sal gebeur: Of jy ontvang iets wat neerkom op ’n liefdesbrief of jy stuur ’n briefie waarin jy jou gevoelens aan iemand verklaar. Dis alles baie romanties, maar moet jy sulke dinge op papier sit?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kry ’n boodskap oor iets wat eindig. Jy sal heel ingenome daarmee wees, want dit gee jou die geleentheid om iets in die plek daarvan te begin. Dit lyk of dit alles met jou huis te doen het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is gewy aan kommunikasie. Jy bel en ontvang oproepe. Natuurlik kan dit wees dat jy boodskappe stuur en antwoorde kry. Probeer kinderagtige boodskaptaal vermy. Jy ry ook nogal rond.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie nuus oor geldsake. Die sterre wat jy het, sal nie nuus bring oor ’n groot klomp geld nie, maar daar sal goeie nuus wees oor jou bankrekening of iets waarvoor jy in aanmerking kom. Dis ’n lekker verandering vir jou.