Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is dit tyd vir aksie. Jy sal met ’n nuwe aktiwiteit begin wat hoofsaaklik fisiek is. Jy is soms dalk te geesdriftig. Jy is geneig om ongeduldig te wees met mense wat volgens jou dom idees het, en is soms effens hardvogtig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is dapper maar hardkoppig. Hulle is geneig om in te storm waar ’n mens versigtig behoort te wees. Dit kan tot verleentheid lei. Hulle het baie selfvertroue en dwing nogal gesag af, wat tot sukses lei.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Sommige mense glo jy verander nie groot dinge wanneer ’n projek reeds begin het nie. Jy steur jou vandag glad nie hieraan nie. Dis glad nie in jou aard nie, want jy hou daarvan om iets klaar te maak soos jy dit begin het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir vandag. Dit beteken dikwels ’n goeie begin vir die dag. Jy is vriendelik en tevrede toe jy by die werk opdaag, maar voel gou weer die daaglikse sleur. Dit bederf jou bui.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

As jy aaklig voel nadat jy wakker geword het, kan jy die sterre verkwalik. Wat jy gister gedoen of nie gedoen het nie, kan ook van belang wees. Hoe ook al, jy sal later beter voel.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy begroet die dag met vreugde en besluit om dit te geniet. Wel, dis hoe jy begin, maar hoe jy dit eindig of hoe jy vanmiddag voel, kan ’n heel ander storie wees. Dit sal nogtans ’n interessante dag wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou gedagtes is by jou huis en hoe jy die vertrekke gemakliker kan maak en beter kan laat lyk. Miskien dink jy ook aan hoe jy die dekoritems om jou kan gebruik. Ten minste dink jy daaroor.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Aan die begin van die dag hardloop jy rond om alles gedoen te kry voor die komende blaaskans. Te oordeel na die sterre sal jy nie kry presies wat jy wil hê nie, maar dit wat jy kry, sal ook kan werk. Dis darem ’n bietjie goeie nuus.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk of jy sal moet betaal vir iets wat met reis te doen het. Miskien moet jy ’n klomp geld bymekaarskraap om ’n voertuig te laat versien. Dit is ’n uitgawe wat jy nie hierdie tyd van die jaar kan bybring nie, maar reis is altyd duur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bring ’n welkome geleentheid om met iets te begin. Dit kan met werk te doen hê, maar ek dink nie dis die geval nie. Dit kan ’n soort stokperdjie of belangstelling wees. Miskien kry jy eindelik die een of ander item vir jou stokperdjie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die omstandighede lyk goed en jy verwag dat dinge vandag sal uitwerk soos jy wil hê, maar iets uit die verlede duik op. Dis nie so belangrik nie, maar jy moet iemand verduur wat jou oordeel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die sterre is goed vir tyd saam met ou vriende. Baie moeite is nie nodig nie. Die atmosfeer is goed vir kuier en tans is dit die aangewese ding. Jou bui verander vanmiddag effens.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

So af en toe voel dit asof jy en iemand saam met wie jy werk op dieselfde vlak is. Vandag kan so ’n dag wees. Dis dalk ’n goeie idee om terug te staan en te kyk hoe ander te werk gaan. Dalk sal jy iets leer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is ver. Die rede hiervoor is dalk dat jy dit oorweeg om weg te gaan of omdat jy kaartjies na mense op afgeleë plekke stuur. Daar is goeie sterre vir die namiddag.