.

JOU DAG

Die sterre is gunstig vir positiewe emosionele konneksies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vurig en plesierig – en geniet dit on in die kollig te wees. Die volgende 12 maande is ’n goeie tyd vir geldsake – solank jy dit verantwoordelik bestuur.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Kom uit die huis of kantoor en doen iets fisieks buite. Gaan stap, hardloop of ry fiets en skakel in by die wêreld om jou. ’n Oorsese vriend is gereed om weer kontak te maak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kyk goed na jou geldsake en vind maniere om met ander kragte saam te span vir ’n positiewe uitkoms. Dis die beste om na goeie raad te luister terwyl jy probeer wys daar’s oorvloed.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die bui vir ’n behoorlike kuier. ’n Vriend of familielid vertel jou iets vertroulik, maar kan ’n spraaksame Tweeling met ’n geheim vertrou word? Probeer jou bes om taktvol te wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Weerstaan die drang om oorsentimenteel te wees en in die verlede te leef. Stort jou energie uit in geldsake of sake-ondernemings. Let op na die boodskappe in jou nagtelike drome.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om doelwitte te stel en groot drome vir die toekoms te droom. Moenie te veilig en verstandig droom nie! Mik na goud, Leeu. Jupiter help jou om ambisieuse drome en kreatiewe planne te visualiseer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jou vermoë om talle dinge gelyk te doen is vandag in die kollig terwyl jy take en besigheid balanseer. Die maan en Jupiter se hoek gee jou ’n welkome emosionele hupstoot.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is op jou sosiale beste – jy klets, gaan rond en kuier in persoon en aanlyn. Bly op hoogte van jou internasionale kontakte. Wie weet waarnatoe dit mag lei?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is die super-speurders van die diereriem en vandag is jy gretig om onder die oppervlak te delf en uit te vind wat regtig aan die gang is. Maar wees versigtig oor met wie jy die sensitiewe inligting deel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jupiter gee jou emosionele welstand ’n hupstoot en help jou om ekstra positief oor jou planne vir die toekoms te voel. Jou internasionale konneksies sal vrugte afwerp – wees net geduldig.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy oorversigtig? Weens die maan en Jupiter se huidige ligging word jy aangemoedig om ’n balans te vind tussen om voorbereid te wees en om meer spontaan te wees. Betrek ’n geliefde by jou planne.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dit voel dalk of jy weer dieselfde ou probleme in ’n intieme verhouding ervaar, maar dis presies wat tans nodig is. Met samewerking en empatie sal dit geleidelik al beter word.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mercurius in jou verhoudingsone is dit die perfekte tyd om met jou maat oor jou behoeftes te praat. Soek liefde by ’n saggeaarde Ram of ’n eerbare Maagd as jy enkellopend is.