Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar kom jy op ’n punt waar jy ’n belangrike besluit moet neem. Jy is geneig om terug te sit sodat jou vroeëre pogings en suksesse jou by die eindpunt moet kry. Jy kan dalk ’n bietjie te vrymoedig te wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle is slim, lojaal, opreg en energiek. Hulle sal wonderlike vriende vir ander wees en ’n aanwins vir enige besigheid wat hulle in diens neem. Hulle het ’n skerp verstand en is vinnig, insigryk en opmerksaam. Hulle sal deur vindingrykheid sukses behaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre plaas jou in ’n posisie waar jy jou eie optrede en gedrag moet ontleed. Dit lyk nie vir my asof jy baie veranderinge moet maak nie, maar jy sal it moet laat klink asof jy alles hersien.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vorige toestande sal weer ondersoek moet word. Dis deels selfondersoek en deels ’n ondersoek deur iemand anders. Jy moet baie diskreet wees, want almal stem nie met jou idees saam nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy bestee baie tyd om kwessies uit te sorteer wat met vriende en kollegas te doen het. Dis baie edel van jou, Tweeling, maar soms moet mense self oplossings vir hul probleme kry.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal skielik ’n openbaring kry oor werk of sake wat jou ego en algemene aansien affekteer. Jy sal wonder hoe nodig dit is om mense te beïndruk wie se opinies nie regtig belangrik is nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou gedagtes is weer by lang afstande, maar dié keer besluit jy om iets daaromtent te doen. Dalk kyk jy na reisbrosjures en besluit Parys lyk hierdie tyd van die jaar te aanloklik. Dus kyk jy wat die pryse is en maak ’n bespreking.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die slegte nuus is jy kan ’n paar groot uitgawes verwag. Die goeie nuus is jy het genoeg geld in die bank om dit te betaal. Dis moeilik om te sê wat hierdie uitgawes is, maar dikwels behels dit werk aan tande.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met verhoudings en intimiteit te doen het. Ek sal graag wil sê dat jy op ’n towertapyt van passie en liefde sal sweef, maar die beste wat ek kan sê, is jy sal oor intimiteit nadink.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Twee sake is vandag op die voorgrond. Die eerste is werk. Jy moet jou benadering opnuut deurdink, maar dis vir jou lekker. Die tweede is gesondheid. Presies wie se gesondheid dit is, is nie duidelik nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre kan jou laat voel jy’s in die wolke, maar eers moet jy uitwerk hoe jy van jou werk en roetine kan wegkom. Gelukkig is die Boogskutter goed met dié soort ding.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die kosmiese fokus is op die huis en om iets te eindig. Gewoonlik gaan hierdie sterre saam met die uitgooi van meubels en bybehore wat goed diens gedoen het, maar dis nou duidelik dat dit al te veel gebruik en oud is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal kontak maak met familie en bure. Dikwels bring die sterre wat jy vandag het ’n soort byeenkoms mee. Dalk reël jy ’n partytjie vir al die bure en ’n paar familielede.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk of vandag ’n vreemde soort herdenking is. Dis nie so belangrik nie, maar jy sal dink oor hoe jy iets beter kon doen en hoop dat die geskiedenis hom nie herhaal nie. Die geskiedenis is mos geneig om hom te herhaal.