JOU DAG

Weerstaan vandag die drang om uit te stel of toe te laat dat jou aandag afgelei word.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ernstig en hardwerkend en het die innerlike dryfkrag om suksesvol te wees. Maar wees versigtig dat jy nie mense wat jou graag op jou pad wil bystaan met jou geen-nonsens-houding wegstoot nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie toelaat dat jou kleurryke verbeelding met jou op loop sit nie, veral wat ’n romantiese verhouding, gesondheidskwessie of werksaak betref. Hou jou voete stewig op die grond.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy het ambisieuse doelwitte vir die toekoms, maar vandag is nie die tyd om hulle na te jaag nie omdat jy waarskynlik ontmoedig en vervul met selftwyfel sal wees. Dis ’n verbygaande fase. Moet dit dus nie te ernstig opneem nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die slegste ding wat jy vandag kan doen, is om verveeld te wees. Skep vars lug en takel ’n uitdagende projek waarvan die spertyd nader kom. Is jy besig om ’n geliefde doelbewus te mislei?

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy jou kloue vandag wys, kan die mense om jou verward of selfs kwaad wees. Probeer om moeilike situasies met ’n dubbele dosis takt en diplomasie te benader.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Neptunus neem die wind uit jou seile en jy kan verlore, verbyster, teleurgesteld en verward voel. Moenie wanhopig voel nie. Fokus liewer jou kreatiewe denke op nuwe dinge.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy wil ’n spesifieke rigting inslaan, maar voel ’n geliefde dieselfde? Maak seker, anders mag jy dalk uitvind julle is in twee heeltemal verskillende rigtings op pad.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

By die werk of tuis is dinge nie soos dit lyk nie. Wees dus baie versigtig met hoe jy inligting oordra of ontvang. Duidelike en versigtige kommunikasie sal ’n groot verskil maak.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Waak teen ’n te eenvoudige beskouing van wat reg en verkeerd is. Moet ook nie sommer net inligting as waar aanvaar nie. Sake is meer kompleks as wat dit lyk en ’n tiener of vriend het dalk ’n verskuilde agenda.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die “wat asse” kan vandag oorheers omdat jy jou optrede bevraagteken en oor jou drome twyfel. Jy kan ’n vermaaklike storie vertel, maar moet die drang weerstaan om die waarheid effens te rek.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Komplekse kwessies sal nie wonderbaarlik verdwyn as jy dit vermy nie. Wees vandag duidelik oor jou bedoelings, veral wat vriendskappe en gekompliseerde geldsake behels.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Deurmekaarspul waar geld betrokke is, is tans moontlik. Moet niks oorhaastig doen nie en vermy dit om in verwarrende geldreëlings met ander betrek te word. Streef daarna om geldelik meer onafhanklik te wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

As jy jou tyd aan dagdroom bestee, sal jy op die ou end net verbyster en verward voel. Probeer liewer jou energie kanaliseer in kreatiewe projekte vir werk, geestelike soeke of om ander te help.