Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit blyk ’n redelik besige jaar te wees; jy dra meer as jou billike werkdeel by en is terselfdertyd omring met omgekrapte mense. Moet net nie dat hulle jou omkrap nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas is hardwerkend en betroubaar. Dis iemand wat verantwoordelikheid kan hanteer en ook ’n swaar werklas kan baasraak. Hulle gaan in die meeste sportsoorte belangstel. Hulle hou ook van spoed.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy gaan vandag met moeilike omstandighede sukkel, veral met sake verwant aan reis of kommunikasie. Dit is dalk dat jy die oggend besef jou selfoon se battery is pap of iemand het iets vergeet en dit veroorsaak ’n chaos.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou geldsake laat beland jou in die knyp. Dikwels bring vandag se sterre die een of ander soort heffing, wat jou spaargeld knou. Beperk enige drang om iets te koop tot jy die beste prys gesoek het.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het vandag teenstrydige sterre. Jy gaan terselfdertyd wil jaag om alles afgehandel te kry en rustig te werk gaan en na elke besonderheid wil oplet. Heel teenstrydig.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan baie hooi op jou vurk hê, maar jy gaan eenkant op jou eie werk. Benut hierdie omstandighede om jou take af te handel en te bewys die Boogskutter is die beste van almal.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou sterre vir vriendskappe lyk ingewikkeld. Hierdie sterre gaan ekstra werk meebring, maar daar kan terselfdertyd ook spanning wees. Die beste raad is om jou menings vir jouself te hou en stilletjies voort te werk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Twee verskillende eise gaan jou in die gesig staar: Die een is dat jy jou take so gou moontlik moet afhandel en die ander is dat jy dit alles sorgsaam en noulettend moet doen. Ongelukkig gaan jy nié die balans kan handhaaf nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou gedagtes dwaal weer ver weg. Jy gaan dink aan hoe lekker dit sal wees om na die een of ander verafgeleë plek te ontsnap – jy wil net wegkom, maar terselfdertyd gaan jy jou bekommer oor jou verpligtinge hier. Dis ’n probleem.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy gaan vandag weer ’n groot uitgawe hê. Ek kan nie sê wat dit is nie, maar dis nie iets wat jy wil hê nie; dit gaan jou dus redelik baie verontrief. Gemeet aan jou sterre sal jy maar moet opdok.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou sterre vir die huwelik en intieme verbintenisse lyk goed, maar hierdie sterre bring ook ’n bietjie spanning mee. Dit kan weens ’n aantal klein, lawwe oorsake wees. Moenie dat so iets jou dag bederf nie.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Werksake gaan vandag ’n baie groot las wees. Met hierdie sterre gaan jy ál harder werk en terselfdertyd nog verantwoordelikheid aanvaar. Dis ’n ongewone Maandag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre lyk interessant vir die liefde en romanse. Daar is blykbaar ’n bietjie aksie hier, maar daar gaan ’n gejaag wees, waarvan die ander persoon nie gaan hou nie, want hulle wil hê sake moet stadig, metodies en romanties verloop.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag begin ’n nuwe week, maar tegelykertyd eindig iets wat al lank sloer. Jy moet nou jou leeue-kundigheid gebruik om die strikke vir jong spelers te vermy.