Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar bring Jupiter en Uranus goeie toestande. Hierdie kombinasie in ’n jaarlikse kaart bring dikwels die een of ander aansienlike oorwinning of wins; jy kan dus maar gereeld loterykaartjies koop. Dit is ’n jaar waarin jy groot veranderinge maak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n briljante verstand. Hulle gaan belangstel in elektronika, fisika en hoe dinge werk. Hulle gaan nogal ’n innoveerder wees en gaan dus moet werk in ’n rigting wat die kreatiewe gees vryheid bied. Hulle is vriendelik en gaaf.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag bring ’n nuwe begin. Jy verken onbekende gebiede. Daar is vandag goeie sterre vir jou, maar jy moet vandag besluite neem en jy weet hoe jy dit haat.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Gedurende die dag gaan jy dinge doen wat jy nie gewoonweg doen nie. Jy gaan al jou beskikbare vernuf hiervoor nodig hê. Maak geskrewe notas oor hoe jy probleme oplos; jy gaan dit later nodig kry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis ’n besige, produktiewe dag, maar jy kan jou vandag ook sny of beseer. Meestal lei vandag se sterre tot stampe teen die kop, en ’n pleister op die gesig lyk nooit goed nie. Wees dus versigtig.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n lekker dag waarop alles vlot verloop. Dis dalk nie iets groots nie, net ’n reeks goed wat glad verloop en jou lewe ietwat makliker maak. Staan tyd af en wees vriendelik met iemand, enigiemand.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou gedagtes dwaal af na verafgeleë plekke. Met hierdie sterre kom daar gewoonlik ’n boodskap uit die verre wat jou ook wil laat reis.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag het jy ekstra uitgawes. Heel dikwels bring vandag se sterre ’n rekening mee wat groter is as wat jy verwag het en dalk meer as wat jy in die eerste plek gekwoteer is. Dis dus tyd om ’n besluit te neem.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou sterre bevoordeel vandag samewerking en gesellige samesyn. Dis so reg in jou kraal, want die Ram hou van tyd saam met mense deurbring, en wanneer jou sterre lyk soos nou, is jy in beheer; daarvan hou jy ook.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy ’n bietjie olik voel, kan jy jou sterre die skuld gee. Gelukkig raak dit beter namate die dag vorder, en teen die aand behoort jy weer jou ou self te voel. Die dag hou goeie belofte in.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die werkweek is amper verby en die naweek is op pad, maar jou sterre vir romanse lyk nou goed. Jy kan iets vir die middag reël, maar dit sou soveel makliker gewees het as dit nou al naweek was.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets kom tot ’n tydige einde. Dit is dalk iets verwant aan werk, want nadat die stof gaan lê, is daar veranderinge. Moet jou nie bekommer nie; daarna lyk jou vooruitsigte goed.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy gaan baie rondhardloop. Jy doen dit gewoonlik nie gereeld op ’n Donderdag nie, wat beteken jy kan verwag enige ongewone situasies sal vroeg in die dag opduik. Dit is situasies wat jou spesiale sorg en kennis verg.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet let op jou geldsake. Jou saldo verminder ál meer. Ek dink nie jy gaan nou al in die rooi beland nie, maar hou gerus matigheid voor oë.