Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:Jou sterre vir vanjaar lyk goed. Jy kom met ’n paar briljante idees vorendag wat op die een of ander manier toegepas word. Verwag nuus van geld wat na jou kant toe sal kom en jou status aansienlik sal verbeter.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is geneig tot sukses in die algemeen. Hulle het ’n goeie verstand en sal vinnig en duidelik kan dink. Hulle het goeie oordeel en die vermoë om akkuraat te vergelyk. Hulle sal goed vaar op skool en behoort verder te studeer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Al is dit nie ’n werkdag nie, sal jy nagaan wat jy en ander in die week gedoen het en spesifiek let op mense se vordering. Konsentreer op nuwe projekte.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende of sake verwant aan vergeleë plekke. Soms bring hierdie sterre nuus van vriende of ander wat op ’n reis vertrek of wat reeds weg is. Dalk is dit ’n afskeid.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is ’n behoefte aan samewerking. Dit blyk die samewerking is tussen jou en jou maat of ’n vriend sodat julle ’n spesiale doelwit – dalk ’n gedeelde een – kan bereik. Alles lyk op die oomblik goed.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is veral goeie sterre vir enige soort verbintenis, maar veral dié van ’n langdurige aard. Daar is ook goeie sterre vir intieme verhoudings. Vandag blyk een van die lewe se mylpale te wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring aktiwiteit rakende troeteldiere. Dalk besoek jy die diereskuiling en neem ’n hondjie aan. Aan die ander kant neem Wagter of Kietsie dalk aan ’n skou deel en stap met ’n gesogte lint weg.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterpatrone hou verband met vennootskappe, intimiteit, liefde en romanse. Dit beteken vandag is effe spesiaal; probeer tyd saam met ’n spesiale mens deurbring en benut hierdie geleentheid ten volle.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets eindig as gevolg van iemand wat effe olik voel. Is dit moontlik dat iemand naweekplanne kanselleer omdat hulle siek is en alles stort ineen?

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag bring net die regte sterre vir liefde en romanse, maar op ’n manier is daar ’n haakplek. Dit is nie ’n grote nie, maar dit sal oponthoud veroorsaak en jou van jou planne vir die aand laat heroorweeg.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou gedagtes is by jou geldsake, jou woning en wat jy kan verander om dit in jou droomwoning te omskep. Die finansiële sy van die droom betrek Jupiter; dit beteken gewoonlik groot geld.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is in die bui om jou belangstellings te verbreed. Jy moet jou doelwit visualiseer en dit nastreef. Dit is nie ’n tyd om te wankel of aarsel nie; dit is die tyd vir ’n besluit gevolg deur aksie. Jy sal goed vaar.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het geld nodig vir ’n persoonlike projek en teoreties het jy af en toe iets eenkant gehou sodat jy genoeg sou hê wanneer die oomblik aanbreek. Die goeie nuus is, die oomblik het eindelik aangebreek.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag bereik jy ’n doelwit wat jy lank gelede vir jouself gestel het. Dit is taamlik spesiale doelwit, een wat van nou af verskeie eienskappe van jou lewe sal verander. Vandag lyk na ’n goeie dag.