Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar waarin jy jou grense verskuif. Jy kyk om jou en waardeer dinge meer. Jy kies verandering. Daar is ook goeie sterre vir jou liefdeslewe. Dis ook tyd om mense uit te skuif wat nie tot jou lewe bydra nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aktief en energiek. Hulle het uitstekende smaak en die vermoë om potensiaal in alles te sien. Hulle is aantreklik en vaardig in die kunste. Hulle maak maklik vriende en koester hul vriendskappe baie lank.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis die begin van ’n nuwe week, maand en seisoen. Baie dinge om jou begin, maar dit lyk asof niks vir jou persoonlik begin nie, maar dit sal nog gebeur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre om met nuwe projekte te begin, maar dit lyk of jy meestal by sake van die onlangse verlede vassteek. Dis meestal sake van laas week of dalk verlede maand. Wat dit ook al is, dis nodig dat jy ekstra aandag daaraan gee om dit uit te sorteer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag heers goeie omstandighede vir vriendskappe. Dit behels meestal kuiers en aangename tye. Gelukkig is daar aanduidings dat jy tyd sal hê vir daardie ekstra koppie koffie. Dis ’n goeie dag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy begin die tweede helfte van die jaar deur take te takel wat jy min of meer verwag het ander sal doen. Gelukkig gee dit jou reputasie ’n hupstoot en dis ’n goeie ding.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou gedagtes is by oorsese plekke. As jy aan die noordelike halfrond dink en dis nou die begin van die winter hier, moet dit somer daar wees. Parys, Rome en Tasjkent lyk goed, nè?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis sleg om die winter met ’n groot, onverwagte rekening te begin, maar jammer om te sê, dis hoe dit is. Jy sal vandag ’n rekening kry of een sal gereed gekry word en jy sal dit binnekort kry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar goeie sterre vir intieme verhoudings, maar natuurlik is dit die begin van die week en dis nie seker of jy iets daaraan sal kan doen nie. Dit hang eintlik alles van jou af, maar die aanduidings is nie goed nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy voel olik aan die begin van die week. Jy voel nie sleg genoeg om in die bed te bly nie, maar ook nie goed genoeg om by die werk te skitter nie. Die goeie nuus is jy behoort teen die einde van die dag beter te voel. Hou dus so ’n bietjie uit.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou hoek vir liefde en romanse sorg vir omstandighede wat op ’n kuiertjie kan dui. Kyk of jy vir middagete huis toe kan gaan. Dis tyd om jou vindingrykheid te wys.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy dink daaraan om iets te eindig. Dit het waarskynlik met jou huis te doen. Dalk beplan jy opknappingswerk in van die vertrekke of oorweeg jy dit om jou tuin te verander.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy fladder van plek tot plek. Dis goed, want jy was in ’n groef en as daar een ding is wat die Ram nie kan verdra nie, is dit om dieselfde dinge oor en oor te doen. Geniet die verandering.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dis nodig dat jy jou geldsake bekyk. Jy sal jou nie in armoede gedompel word nie, maar jy moet seker maak jy het genoeg spaargeld vir duur projekte wat jy vir die nabye toekoms beplan het.