Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre is goed vir liefde en geld.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om jou nie van ander af te sonder nie. Die volgende 12 maande is die tyd waarin jy moet help om die wêreld ’n beter plek te maak. Wanneer jy na ander uitreik, sal jou eie lewe ook verbeter.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Verwag vandag interessante insigte, veral wat ’n verhouding met ’n kind, tiener of vriend betref. Dis ook ’n fantastiese dag om jou kreatiewe vlerke in nuwe rigtings te sprei.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Bulle is vandag geseënd omdat Venus, jou heerser, en Jupiter in jou huishoudelike sone saamkom. Dit is dus ’n wonderlike tyd om met gesinslede te sosialiseer of om iets moois vir jou huis te koop.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Jy kan enige tyd oorspronklike, kreatiewe idees kry. Hou dus jou foon, tablet, skootrekenaar, pen en papier of verfkwaste naby jou. Niemand is beter met kreatiewe kommunikasie as jy nie!

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Skud enige negatiwiteit af, Kreef! Soek die mense en plekke op wat jou goed laat voel oor jouself. Dis ook ’n goeie tyd om jou geldgeletterdheid te verbeter.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Asem diep in en bemark jou talente en dit wat jy bereik het. Doen dit skaamteloos en met selfvertroue. Hoekam sal iemand in jou glo as jy nie in jouself glo nie?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Het jy te veel en te laat saans gewerk? Vandag het jy goeie sterre om tyd af te neem en jou batterye te herlaai terwyl jy nadink oor jou lewe en waarheen jy op pad is.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dis onaanvaarbaar om verveeld te wees. Jy is op soek na meer avontuur en betekenis in jou lewe. Ander sal kennis neem van jou sienings – maak dus seker dit wat jy sê iets van waarde.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Bevind jy jou steeds in dieselfde versmorende, negatiewe situasie? Die fokus is vandag op jou loopbaan, en jy sal vind ’n kreatiewe en avontuurlike benadering laat professionele sake ’n nuwe, positiewe rigting inslaan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Jy’s vandag in die bui vir pret, avontuur en opwinding. Doen dus wat jy kan om jou gewone roetine te verander. Die omstandighede is ook goed vir studeer, lees, navorsing en aktiwiteite in die buitelug.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Kan jy ’n geheim hou, Steenbok? Jy is gewoonlik baie diskreet, maar iemand kan jou dalk probeer oorreed om inligting te onthul wat liewer privaat moet bly. Weerstaan die versoeking om die kat uit die sak te laat met ’n glimlag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Met Venus en Jupiter saam in jou hoek vir vennootskappe moet jy alles in die stryd werp om meer harmonie in jou nabye verhoudings te bewerkstellig. Dié wat enkellopend is kan liefde vind by ’n opgewekte Weegskaal of ’n sexy Boogskutter.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is gretig om iemand anders te help, maar moenie toelaat dat hulle van jou gaafheid misbruik maak nie. Maak seker albei vind baat. Jy het ook goeie sterre vir ’n kuier met kollegas of professionele kennisse.