Sterre met Arthur Bowman

FEESGROETE AAN AL MY LESERS

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir omtrent alles vanjaar. Dit is die tyd wanneer jy op alle gebiede van jou lewe vooruitgaan. Jy verdien meer as gewoonlik en spandeer moontlik ’n bietjie te veel. Jy onderteken ooreenkomste.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is een van daardie gelukkige mense wat altyd op die regte tyd en plek is. Hulle het heelwat talente en die vermoë om ander mense te oortuig hulle is die regte persoon om die werk te doen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre vir vandag en dis ’n goeie manier om die nuwe jaar te begin. Dit lyk nie asof enigiets werklik skouspelagtig met jou sal gebeur nie, maar daar is ’n goeie atmosfeer om saam met vrolike mense te wees en die dinge te doen waarvan jy hou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Noudat die geskreeu en beroering van die afgelope twee weke verby is, het jy tyd om rustig te raak en te kyk hoe jy omstandighede by jou huis en werk kan verbeter. Die goeie ding is jy het goeie sterre daarvoor.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk asof jy ’n bietjie gaan rondhardloop om mense te sien en hulle ’n gelukkige Nuwejaar toe te wens. Dit sal pret wees, maar daar kan iets wees wat effens met jou planne bots. Dikwels is dit die weer of dalk ’n verkeersopeenhoping.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir dinge wat met peroonlike besittings te make het. Dikwels beteken dit jy spandeer tyd om items wat jy vir Kersfees gekry het die eerste keer te gebruik. Dit sal pret wees, maar lees eers die instruksies.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy begin met iets nuuts. Dit kan ’n Nuwejaarsvoorneme wees. Ek weet nie hoe lank jy daarby sal hou nie, maar omdat jy ’n vasbeslote Bul is, reken ek dit sal die grootste deel van die maand duur.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir jou, maar omdat jy die persoon is wat jy is, sal jy dink aan mense wat in die verlede saam met jou Nuwejaar gevier het en ’n glasie op hulle klink. Andersins is die sterre vir vandag goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre om saam met vriende en kollegas te wees. Ek het al in die verlede agtergekom die stilte van Nuwejaarsdag is beter as al die ophef en feestelikheid. Dis nodig dat jy warm toestelle versigtig hanteer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal dit regkry om iets te doen waarvoor jy lof kry. Dis moeilik om te sê presies wat dit is. Waarskynlik bereik jy ’n doelwit wat jy verlede jaar gestel het en wat ook ’n Nuwejaarsvoorneme was.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is weer ’n moontlikheid dat jy lang afstande sal aflê. As jy een van die min Maagde is wat nie ’n reis beplan nie, sal jy nou aan vreemde plekke begin dink. Wie weet, dalk gaan jy binnekort weg.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy sal interessante mense teëkom, waarvan een of twee veral interessant is. Daar kan ’n verskeidenheid redes hiervoor wees, maar in baie gevalle is dit omdat mense geneig is om in die somer minder klere aan te trek.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is uitstekende omstandighede vir intieme verhoudings. Dalk is jy een van die baie Skerpioene wat glo in die gesegde dat jy dit wat jy op Nuwejaarsdag doen die hele jaar doen. Dit wat jy gewoonlik doen, doen jy so goed.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

As jy olik voel, kan dit as gevolg van jou sterre wees. Wat anders kan dit wees? Ek het geen idee nie. Dit is Nuwejaarsdag, die dag ná die Oujaarsaandvieringe. Waarom sal jy dan nou oes voel?