Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir vandag is basies goed, maar jou gedagtes sal verwarrend wees en dit kan verlies of verleentheid veroorsaak. Jy het’n kundige se raad oor enige belangrike besluite nodig en moet dit volg.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is aktief en geesdriftig. Hulle sal baie van sport hou, veral watersport. Hulle is geneig om dromers te wees. As kind sal hulle soms dinge in hul verbeelding met die werklikheid verwar. Hulle is saggeaard.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit sal moeilik wees om by te hou by jou program aktiwiteite, maar die Boogskutter is nie een wat kop uittrek nie. Daarom sal jy eers doen wat gedoen moet word en dan wat jy wil. Dit maak van vandag ’n dol begin vir die week.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag se tema is dat foute meestal weens haastigheid en ’n gebrek aan kennis gemaak word. Natuurlik sal raad, wat duidelik verkeerd is, nie help nie. Maar jy besef dit eers wanneer dit te laat is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is goed vir die ontwikkeling van goeie idees, veral as dit behels dat jy ’n bietjie geld daaruit maak. Natuurlik sou dit lekkerder gewees het om baie geld te maak, maar dit gebeur nie dikwels nie, soos jy alte goed weet.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal groot dink en optree wanneer dit by werksake kom, maar as jy verwag mense moet beïndruk wees, flous jy jouself. Om irriterende ontsteking te vermy, moet jy versigtig werk met warm of skerp voorwerpe.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy kry vandag nuus oor onlangse korrespondensie of onderhoude. Dis meestal goeie nuus. Jy kry dalk nie presies wat jy wil hê nie, maar soms word die probleem vererger deur dit wat jy dink die antwoord is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry iets wat jy wil hê, maar wees versigtig, want die planeet wat hierdie droom bring, is die bedrieglike Neptunus. Jy kan dus vir die gek gehou word of nog erger, jouself flous. ’n Vriend gee raad, maar is dit vanpas?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Soms lei die sterre wat jy het, tot bevordering, maar as dit vandag met jou gebeur, moet jy versigtig wees, want dis byna seker dat dit nie regtig ’n bevordering is nie. Maak ’n punt daarvan om kollegas by enige nuwe of ongewone projekte te betrek.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is vreemde toestande wat werk of reis betref, of minstens sal iemand jou vertel van sake wat baie vreemd klink. Dis dalk raadsaam om seker te maak voor jy enigiets daaraan doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is genotvolle omstandighede op pad. Dit laat jou liefdeslewe en ander nabye verhoudings van rigting verander. Iemand sal vir jou sê hulle hou van jou. Sulke nuus is altyd lekker.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Iets eindig. Dit het met ’n vennootskap te make. Miskien het jy saam met iemand aan ’n projek gewerk. Noudat die projek klaar is, is jy weer op jou eie; wat goed is.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy sê hoe jy oor talle sake voel, maar wat jy sê, sal ’n slegte indruk op sommige mense maak. Dink hieroor terwyl jy werk en vra jouself of dit regtig belangrik is om jou opinie te gee.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geldprobleme is op pad en dit sal verwarring veroorsaak. Met hierdie sterre is dit moontlik dat iemand daarop uit is om iemand anders in te loop. Maak seker jy word nie die slagoffer nie.