Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n deurmekaar jaar. Jy probeer voor kom en vir ’n ruk sal dit lyk asof jy dit reggekry het. Jy is nie so suksesvol as wat jy wil wees nie, maar vaar steeds goed. Jy is geneig om strydlustig te wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is heeltyd aan die gang. Hulle sal belangstel in sport en fisieke aktiwiteite. Hulle neem deel aan ’n sport wat stamina en spoed verg. Hulle is geneig om te hou by ou gewoontes en dit sal hulle nie regtig help nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag geniet praktiese sake jou aandag. Jy kyk wat jy self kan doen en werk ’n aksieplan uit om dit af te handel. Jy wil mense wys jy’s nie net ’n mooi gesiggie nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit gebeur nie baie dat Bulle so toegegooi is met hul eie probeleme en behoeftes dat hulle ander ignoreer nie, maar dis hoe dit vandag is. Die goeie ding is jy sal besef waarmee jy besig is en daarvoor vergoed.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets wat jy al ’n ruk lank doen, sal nou in die openbare oog wees. Dis waarskynlik ’n gewoonte wat lank gelede gevorm is en waarvan jy nie ten volle bewus was nie. Dis tyd vir ’n paar veranderinge.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Party mense om jou sal nogal oppervlakkig wees en jy hou nie daarvan nie. Die mens of mense is al vir ’n lang tyd so, maar jy het min of meer gekies om hul ingesteldheid te ignoreer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Byna sedert ons geboorte word ons geleer om voorwerpe te vermenslik, maar dis eers noudat jy vandag se sterre het dat jy besef hoe belaglik dit is om persoonlikhede of emosionele waardes aan nielewende voorwerpe toe te dig.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bevind jy jou in situasies waar jy objektief moet wees, maar dis nie maklik nie. Jy is geneig om alles in die lig van jou eie ervarings te beskou en besluite op grond van emosionele reaksies te neem.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Die maan in jou 12de hoek bring sake uit die verlede na vore. Ongelukkig bring dit dikwels foute wat jy gemaak het op die lappe en jy moet die slegte gevolge dra. Dis tyd vir ’n bietjie goeie voetwerk.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het goeie sterre vir vriendskappe. Hierdie sterre sal meebring dat mense meer beskermend as gewoonlik teenoor jou is. Dit laat jou goed voel, maar terselfdertyd voel jy jy is heeltemal in staat om na jouself te kyk.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre laat die grens tussen persoonlike en professionele verhoudings vervaag. Dit beteken jy sal goed met iemand oor die weg kom tot hulle skielik iets doen of sê om die professionele verhouding te herstel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Reis sal voorop in jou gedagtes wees. Dit kan wees omdat jy baie graag nou in die Champs Élysées sou wou stap of omdat jy op hierdie oomblik eintlik op enige ander plek as hier wil wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy bestee meer tyd as gewoonlik om die omgewing te bewonder. Dis ’n edel tydverdryf en ons almal doen dit, maar dit kan jou in die moeilikheid laat beland as die baas sien jy werk nie, maar dagdroom. Wees op jou hoede vir Aprilgek-kullers.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is sake wat met die huwelik en intieme verhoudings te doen het op die voorgrond. Jy kyk hoe jy met iemand klaarkom en hoe hulle met jou klaarkom. Enige soort verbetering hier kan net ’n goeie ding wees.