SATERDAG

JOU DAG

Kreatiewe projekte kan gestaak word omdat Venus terugbeweg na die Leeu se teken.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die diereriem se dag vir oorspronklike styl en het dus ’n oorvloed kreatiewe flair. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer betrokke te raak by jou plaaslike gemeenskap.

SONDAG

JOU DAG

Die Vis-maan sorg vir goeie kreatiwiteit, geestelikheid en deernis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vasberade, maar ook ongelooflik veelsydig en buigsaam. Dit sal jou gelukkig maak as jy jou persoonlike styl ontwikkel.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel die naweek in jou element omdat die sterre die Ram se kuierkant wakker maak. Jy is in die bui vir opwinding en verandering en kuier saam met kreatiewe vriende en boheemse kollegas.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus beweeg tot 6 September agteruit in jou sone vir huissake. Jy sal dus ekstra geduldig met gespanne familielede moet wees omdat daar tuis meer drama en min harmonie is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie liggelowig wees nie, Tweeling! As jy iemand se raad blindelings volg, kan jy in die leeu se bek inloop. As iets te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dinamiese Mars beweeg tot 9 Augustus deur jou teken. Jy is dus vol selfvertroue. Jou temperamentele kant is geaktiveer. Weerstaan dus die begeerte om oordrewe dramaties te wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Venus wat terugwaarts deur jou teken beweeg, sal jy dit die volgende vyf weke moeilik vind om die sjarmekrane oop te draai. Jy voel ook minder lus vir kuier as gewoonlik. Jy lê laag en doen introspeksie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die pas is die naweek vinnig. Dit kan inmeng met jou behoefte aan proses en orde. Dis nodig om aanpasbaar te wees as jy aan die spits van die huidige gebeure wil bly.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Venus beweeg agteruit in jou netwerksone. Verwag dus dat jou sosiale lewe nie so besig sal wees nie. Dis nie nou ’n goeie tyd vir die enkellopende Weegskaal om aan te sluit by ’n webtuiste om ’n maat te soek nie. Wag tot ná 6 September.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy vasgestelde idees het oor hoe die naweek moet verloop, kan die sterre jou verwagtinge op die kop keer. Probeer meer buigsaam wees en beweeg saam met die stroom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is geneig om die lewe direk en eenvoudig te benader, maar hierdie naweek is sake nie soos dit lyk nie. ’n Meer subtiele benadering is nodig as jy wil uitwerk wat regtig aangaan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die maan en Saturnus is die naweek haaks en dit verhoog jou frustrasievlakke. As iets nie werk nie, los dit vir later en beweeg aan na ’n eenvoudiger projek.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy vuur op alle silinders en Uranus versnel jou denkprosesse. Dit is dus ’n wonderlike naweek vir gevatte sêgoed, grappies en enkelreëlkwinkslae, maar probeer om nie te kontroversieel te wees nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Skei feit en fantasie, anders kan jy in ’n gemors beland. En moenie aanvaar jy weet wat ’n kollega of geliefde dink nie – jy is dalk heeltemal verkeerd.