Jou sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal van jou beste planne in ’n hoop voor jou voete neerstort. Dit gaan jou min beïndruk, maar jy staan weer op en eindelik put jy groter voordele en ná ’n paar vertragings, kom jy bo uit.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hierdie een is ernstig en ambisieus. ’n Harde werker wat hul bes probeer om die regte ding te doen en suksesvol te wees, maar sal onverwagte en onwaarskynlike vertragings en teleurstellings teëkom. Hy of sy het hoë en edele ideale.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die sterre lyk voordelig vir alle ernstige besprekings, al is dit ’n Maandag en so vroeg in die maand. Luister liefs na wat gesê word; jou geheue van die presiese woorde gaan later belangrik wees. Maak aantekeninge.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

As jy vandag rondbeweeg – dit is Maandag; daar is ’n baie goeie kans dat jy dit sal doen – moet jy jou maar voorberei op lang vertragings en ’n bietjie ongerief. Neem ’n interessante boek saam.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy kan ’n paar geldprobleme te wagte wees. Waarskynlik niks ernstigs nie, maar jy kan van jou planne heroorweeg, veral dié vir einde vandeesweek en dalk ook komende naweek. Wees uiters prakties.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Weens jou huidige sterre sal jy met alles wil ophou sodat jy versigtig kan nadink en veranderinge aanbring. Blykbaar moes jy dit lankal gedoen het, maar liewer laat as nooit, meen ek. Moet dus nie meer aarsel nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die sterre is nou nommerpas omwerk te maak van jou voorkoms. Dit beteken jy kan jou hare laat stileer of dalk kan jy ’n paar nuwe items aanskaf. Die belangrikste is dat jy jou nie afskeep nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bied geleenthede vir persoonlike vooruitgang. Dit is goed, maar soms verg dié sterre dat jy skouer aan die wiel sit as jy die vertroue wil regverdig wat in jou gestel word. Kom dus aan die gang.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre aan jou kant, maar jy gaan die ekstra werk opmerk wat jou kant toe kom. Dis goed en wel om belangrik en onmisbaar te wees, maar dit verg harde werk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir reis en kontak met verafgeleë plekke, maar jy sal jou kenmerkende geduld en verdraagsaamheid aan die dag moet lê, want daar gaan vertragings en onderbrekings wees wat die meeste mense teen die mure sal uitdryf.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

In ’n sekere opsig is jou vryheid beperk om jouself uit te druk. Dit steek jou dwars in die krop, want Ramme het die vryheid nodig om te doen en sê net wat hulle wil. Dit beteken jy moet gebruik maak van die bietjie geduld wat jy het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag koel jou huwelik of intieme verhouding af. Daar word niks nadeligs hier aangedui nie, maar wanneer jy na aan jou spesiale persoon wil wees, staan dit in jou pad en moet jy geduldig wag.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Daar is goeie sterre omdat jy ekstra verantwoordelikheid kry wat verband hou met jou werk. Ek dink nie hierdie sterre gaan jou ’n bedreiging vir die grootbaas maak nie, maar jy gaan mense beïndruk, wat altyd lekker is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre vereis vandag heelwat selfbeheersing. Jy het aktiewe sterre wat jou liefdeslewe beïnvloed, maar jy het Saturnus se koelte ook. As jy dus hier ook sake probeer dwing, gaan jy glad nie vorder nie.