Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar gaan jy omtrent alles oordoen. Dit gaan lekker wees, maar dit gaan jou geldsake en ander hulpbronne uitput. Jy gaan geneig wees om ’n bietjie te vrygewig vir jou eie beswil te wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié een gaan geneig wees om ietwat te vrygewig en gemoedelik te wees. Jy gaan onverskillig wees met rykdom versamel; dus kort jy ’n maat wat bereid is om beheer te neem en spaarsaam te wees wanneer dit nodig is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is lieflike sterre om jou. Dit beloof baie vir die toekoms, en te oordeel na die gevoel wat dit bring, gaan die belofte ’n werklikheid word. Vanmiddag bring goeie maar ongewone omstandighede.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die sterre wys dis ’n goeie tyd vir optrede. Jou sterre is meestal ten gunste van agter die skerms werk en in ’n sekere opsig beheer agter die skerms uitoefen. Die geheim is om sake te stuur sodat dit verloop nes jy dit wil hê.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die gelukkige Jupiter sal sorg dat jou wens waar word, selfs al is hulle taamlik groot. Dit gaan so vlot verloop dat jy jou oë skaars sal kan glo.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

’n Goeie gevoel vir jou aansien en ego. Jou optrede en woorde het nou die gewenste uitwerking en alles verloop klopdisselboom. Jy verbreed ook nou jou geestelike horisonne.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir dinge wat verband hou met mense of toestande ver van jou af. Dis nou selfs moontlik dat jy sal besluit om een van jou geliefkoosde buitelandse plekke te gaan besoek. Parys lyk nou goed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het ’n ruk gelede met ’n projek begin wat geduld en uithouvermoë verg. Vandag kom dit óf tot ’n einde óf binne trefafstand van die einde wat jy wil hê. Dit is tyd vir nog ’n groot poging.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die sterre bevoordeel jou intieme verhouding. Verwag ’n paar veranderinge wat presies strook met dit wat jy begeer.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die sterre is vandag blykbaar voordelig vir werkende Visse, al is dit vryskutwerk. Jy gaan goed vaar, die taak vinnig afhandel en ’n bietjie meer verdien as wat jy verwag het. Alles verloop vandag voor die wind.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jupiter bevind hom op jou terrein van liefde en romanse, en dit kan soms baie van die soort aksie bring waarvan ons almal hou; dié keer bring dit ’n baie gelukkige gevoel mee. Daar kan ook goeie nuus wees oor ’n baba wat gebore word of op pad is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy gaan oor die een of ander saak jou voet neersit en almal gaan met jou saamstem. Ongelukkig is dit al, want hoewel hulle saamstem, volg hulle in elk geval hul eie raad en steur hulle min aan dit wat jy graag wil hê of nodig het.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Daar gaan aksie verwant aan familielede of bure wees. Dit kan selfs ’n partytjie of kuiertjie wees om iets te vier of iemand geluk te wens. Dit gaan lekker wees, maar wie gaan agterna skoonmaak?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre strek dag tot jou voordeel. Jy gaan komplimente kry by mense wat nie bekend is vir vleitaal nie. Dit gaan jou daarvan oortuig dat jy goed lyk; gevolglik begin jy ook goed voel.