Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Maak gereed vir ’n opwindende dag vol lewendige kuiers en gesprekke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dapper en toegewyd en het die mag om ander te beïnvloed. Maak seker jy beïnvloed hulle op positiewe wyses. Die volgende 12 maande is dit tyd om passie en volharding te kombineer.

SONDAG

JOU DAG

Dit sal vandag moeilik wees om op werk met fyn besonderhede te fokus – moet dus nie eens probeer nie!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is emosioneel en kreatief en kan baie buierig wees. Jy sal sukses bereik as jy leer hoe om jou buie te beheer en spontaniteit met geduld te kombineer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Gebruik jou oorvloedige energie om projekte woema te gee en voltooi dit met passie en sinvol. Weerstaan die begeerte om iets heeltemal onvanpas te sê.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Jy geniet die tye – en smaaklike etes – saam met familie en vriende die naweek. Moenie ontsteld wees as ’n familielid iets laat glip wat liewer nie gesê moes gewees het nie.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Kommunikasie en reis is die wagwoorde wanneer jou rustelose kant inskop. Uranus gee jou vermoë om baie dinge op ’n slag te doen ’n hupstoot, maar waak daarteen om te veel aan te pak en jou energie te vermors.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Hoe meer proaktief en uitgesproke jy oor ’n huidige verhoudingskwessie is, hoe kleiner sal die probleem wees. Dit sal help as jy die selfvertroue het om ’n geliefde te vertel hoe jy regtig voel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die maan versterk jou selfvertroue en jy wil almal se probleme oplos. Moenie meer belowe as wat jy kan doen nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy kan verwag om die naweek gespanne te voel, want Uranus krap jou sensitiewe senuwees om. Doen wat jy kan om nie bekommerd te wees nie. Ontspan. Jou doenlysie sal Maandag nog daar wees.

WEEGSKAAL (24 Sep-23 Okt.)

Fokus daarop om jou geldsake op praktiese maniere te verbeter deur iets te doen waarin jy goed is. Dalk kan jy ’n aanlynwinkel begin, ander onderrig of ’n klein besigheid van die huis af bedryf.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou goed beplande naweek kan deurmekaargekrap word omdat Uranus jou planne verydel en verrassings meebring. Hoe meer aanpasbaar jy is hoe beter.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Die energie vir nuuskierigheid, rusteloosheid en spanning is hoog. Moenie dinge half doen nie. Daar is meer aan die gang as wat jy besef. Staan tyd af om die kwessies behoorlik te ondersoek.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Moenie jouself beperk nie. Hoe groter jou kring van familie, vriende, kollegas en kennisse hoe meer invloed sal jy in die groot wêreld daar buite hê.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy word tans maklik verveeld, maar weerstaan die versoeking om dinge lewe te gee deur dwars te wees en ander te ontstel. Vind minder ontwrigtende maniere om jou naweek interessant te maak.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Hou op uitstel en begin doen iets! Die maan skuif van die Leeu na die Maagd en dus is dit ’n wonderlike naweek om inspirerende, kreatiewe idees in praktiese, produktiewe projekte te verander.