Die internet is al weer op hol nadat ’n foto, soortgelyk aan die optiese illusie van die goue rok, verskyn het. Mense raak behoorlik aan die stry of die foto van ’n paar sandale wit en goud, swart en blou of blou en goud is. Die foto het veral op Twitter amok gemaak en mense het hier vir mekaar gevra watter kleure hulle sien. Toets jouself en jou vriende: