Grawe diep in jou brein en kyk wat jy alles van die afgelope week se opspraakwekkende stories onthou. Daar is ’n leidraad of twee in die foto hierbo versteek.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK SE UITSLAG

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 93 persent van julle het geweet almal wonder of Derick Hougaard en Nádine ’n paartjie is.

Net 34 persent het geweet Bathabile Dlamini het die teenwoordigheid van ses mans in die ANC-vroueliga se afvaardiging verklaar deur te sê vroue is geneig om debatte te verloor omdat hulle te emosioneel raak, en dan het hulle deskundige mans nodig. Ja, ons sou dit ook nie kon geraai het nie . . .

Die gemiddelde punt was 61 persent, oftewel 9,08 uit 15.