Nog ’n verstommende breinknoper het sy verskyning op die internet gemaak.

sommetjie
Hierdie keer is dit ’n wiskundevraag wat in ’n vraestel vir gr. 2’s was. “Daar was ’n sekere getal mense op die trein. Altesaam 19 mense het by die eerste stasie afgeklim en 17 het opgeklim. Daarna was daar 63 mense op die trein. Hoeveel mense was aan die begin op die trein?” lui die vraag wat deur Louise Bloxam, ’n ma wat nie kon glo dat die vraag aan haar sesjarige kind gevra is nie, op Twitter gedeel is. Baie van die mense wat haar gevolg het, was onseker, maar ander het die probleem probeer oplos.
Lees ook: Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos! Robyn Duckworth, ’n Twitter-gebruiker, het selfs ’n teorie aangebied om die som op te los: As jy 19 van die 65 passasiers aftrek en 17 bytel, kry jy ’n totaal van 63 passasiers.

Hoewel die antwoord oortuigend klink, het Neil Hughes en Lewis Haddow volgehou die antwoord is 65 passasiers. Hulle het die volgende algebraberekening gebruik: X – 19 + 17 = 63.X = 65.

Wat nog meer verwarrend is, is dat die ma beweer die antwoord is beslis 64 en sê die antwoord is op ’n tienerforumbladsy op Facebook geplaas.

Eenvoudig gestel: Een van die gebruikers het voorgestel jy ignoreer die 19 passasiers. Sy/haar oplossing was: 63 – 17 = 46.

Maar volgens MailOnline is die oplossing vir die probleem inderdaad 65.

“Jy kry die antwoord deur die 17 mense wat pas opgeklim het, af te trek van die huidige getal passasiers, 63, en dan kry jy 46. Dan tel jy die 19 passasiers wat afgeklim het, by en jy kry 65.”

Hoewel die wiskundetoets nogal moeilik gelyk het, is dit nie die eerste keer dat die internet verstom is oor ’n breinknoper nie.

So, kon jy hierdie probleem oplos?

Bronne: twitter.com, dailymail.co.uk

Lees ook op Huisgenoot.com:

Woedende betogers bestorm Saru-kantore

Dramatiese toneel waar Durban-hotel op strandfront brand

Moontlik verdoemende getuienis teen Cliff Richard dalk binnekort bekend

‘Ek was reusagtig en het gevoel of ek stadige dood sterf,’ sê vrou wie se eks haar voer

70-jarige pensioenaris skenk die lewe aan haar eersteling