Het jy ’n uitstekende geheue? Toets jou brein.

[caption id="attachment_120147" align="alignnone" width="613"]Kan jy die versteekte letter tussen die kolletjies opspoor? Foto: Playbuzz Kan jy die versteekte letter tussen die kolletjies opspoor? Foto: Playbuzz[/caption]

Dié fotografiese of eidetiese toets, ontwerp deur Megan Elizabeth op die aanlyn platform PlayBuzz, kan glo bepaal of jou geheue skerp genoeg is om foto’s in die fynste besonderhede te onthou.

“Die uitdaging kan glo bewys of jy ’n fotografiese geheue het of nie, hoewel dit akkurater is om te sê dit toets eidetiese geheue – die vermoë om foto’s te onthou,” berig MailOnline.

Lees ook: Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou

Volgens International Business Times is die vermoë om voorwerpe of foto’s te sien en in die fynste besonderhede te onthou op sy beste wanneer ’n mens jonk is, van een tot sowat ses jaar. Daarna is dit ongelukkig op ’n afdraande pad.

Hoe doen jy die toets? Kyk mooi na albei prentjies en probeer onthou waar al die rooi kolle is. Sit dan in jou geestesoog die prentjies bymekaar. Sien jy ’n letter? Net een persent van mense sal dit sien. (Indien jy vasbrand gee ons die antwoord heel onderaan.) Jy kan dit ’n stappie verder neem deur die res van die uitdagings in die toets onder te voltooi?

Bronne: International Business Times, Stuff.co, Daily Mail

Was jy suksesvol daarin om die letter 'G' te sien?

Lees ook op Huisgenoot.com:

Só gaan dit deesdae met Ben en Jen

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Oefening douvoordag hou jou viets

Wanneer Zephany reg is, is ek hier vir haar – Celeste Nurse

Wildkyk van agter jou lessenaar? Nou kan jy!

Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland