Die ontwerper en voormalige Spice Girl, Victoria Beckham, is bekend daarvoor dat sy een arm wegsteek as sy vir foto's poseer.

Wel, dít en haar glimlag, waarvoor sy net so skaam is!

Die foto is in 2016 geneem toe Victoria haar hotel in New York verlaat het. Geen regterarm in sig nie.

Foto: Magazine FeaturesFoto: Magazine Features

Hier poseer Victoria weer eens in haar ikoniese eenarm-posisie by die 2016 Cannes-filmfees in Frankryk. Haar selfvertroue is aansteeklik, om nie eens te praat van haar uitrusting wat haar soos ’n handskoen pas nie!

Foto: Magazine FeaturesFoto: Magazine Features

Victoria lyk stylvol in ’n langmou-rok wat lyk of dit een van haar arms heeltemal wegsteek.

Foto: Magazine FeaturesFoto: Magazine Features

Victoria opgetof in geel, op pad na haar kantoor in New York. Sy lyk slaggereed vir die dag! Haar een arm is skoonveld, soos in talle ander kiekies van haar.

Foto: Magazine FeaturesFoto: Magazine Features

Die ontwerper verlaat haar hotel in New York en lyk stylvol in haar winterklere. Soos altyd is haar sonbril, nes haar versteekte arm, byderhand.

Foto: Magazine FeaturesFoto: Magazine Features

Wat dink jy van dié versteekte arm?