Ons dink: 3/5

Aksiedrama.

Met Jeremy Renner, Rachel Weisz en Edward Norton.

Regisseur: Tony Gilroy.

13TG. Begin op 21 September.

As jy ’n Bourne-fynproewer is wat dink Matt Damon se Jason Bourne is die kat se snor, kan dié een jou teleurstel. Damon se karakter het ’n onskuldige seunsjarme gehad wat hom weerloos maak en blootstel aan supersoniese booswigte, maar Jeremy Renner se Aaron Cross is ’n harder baard.

’n Mens sal nie sommer met dié javel skoorsoek nie. Stel teenoor hom ’n taai Dolla in die gedaante van Rachel Weisz, en jy het ’n koel kombinasie.

Dis net jammer ons het dit al gesien. Die storie sentreer weer om dolle jaagtogte waarvan die een waaghalsiger as die ander is. Intrige is daar byna nie. Dit gaan net om ’n doller as kopaf gejaag. Maar as dit jou kitaarsnare kielie, kan dié een jou voorlopig van jou springmielies laat vergeet. Een ding is nou maar wors: . Hy’s ’n gewone ou.

As jy top-10-lyste saamstel oor die opwindendste jaagtogte nog, sal die motorfietsjaagtog aan die einde hoog op jou lysie staan. Feit is: Dis ’n koel, byderwetse avontuurfliek, ideaal vir ’n Vrydagaand.

- Leon van Nierop

http://www.youtube.com/watch?v=BXSZCm-6Fls