Komedie.

Met Rachel McAdams, Harrison Ford en Diane Keaton.

Regisseur: Roger Michell.

egin

28 Januarie.

10T.

Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit?

’n Gespanne, konserwatiewe TV-programvervaardiger kry ’n pos by ’n TV-ontbytprogram wat sy woema verloor het. Sy moet dit probeer regruk.

Wie sal hiervan hou?

Almal wat lafenis van die Januarie-hitte soek en wil lag. Dis ’n lekker koel komedie om die jaar op ’n hoë noot mee af te skop.

Dit wys ’n mens se drome kan waar word mits jou gesindheid reg is, jy gemotiveer is en ’n aangename persoonlikheid het.

Was dit in die werklike lewe maar so maklik!

Tog, in hierdie romantiese komedie vol grompotte en eksentrieke vryers slaag die regisseur daarin om die skaterlag-oomblikke van ’n oordrewe klugspel weg te hou en, sonder om vulgêr te wees of na slapstick uit te reik, ’n koddige komedie te maak oor ’n vrou wat met haar werk getroud is.

Wag vir DVD?

Jy kan, want dis maklik verteerbaar saam met mikrogolf-springmielies en jou beste pelle in dieselfde vertrek as jy.

McAdams het ’n charisma wat selfs die pootuitste komedie op steroïede sal plaas.

Die komedie lê nie net in die spitsvondighede wat die verwarde karakters kwytraak nie, maar in die brombeer Harrison Ford wat af en toe sy stem bokant ’n befoeterde rasper lig en meer energie in sy gesig sit as wat 100 botoks-operasies sal regkry.

Voorspelbaar maar vermaaklik. Ook vir jong kykers.

Soortgelyke flieks

Maid in Manhattan, Working Girl.

Springmieliefeit

* Rachel McAdams was al twee keer in ’n verhouding met Ryan Gosling.

Kiek die ikoon op die Vermaakblad in die Huisgenoot van 27 Januarie 2011 met jou foon om ’n lokprent vir Morning Glory te sien.