Ons dink: 4/5

Swart komedie.

Met Frances McDormand, Bill Murray, Tilda Swinton en Bruce Willis.

Regisseur: Wes Anderson.

10M.

Begin op 19 Oktober.

. Dink maar aan The Darjeeling Limited en The Royal Tenenbaums.

Hy lewe op sy eie eksentrieke planeet waar mense soos Bill Murray met melankoliese oe¨ na die onverstaanbare we^reld om hom staar en nie kop of stert daarvan kan uitmaak nie; daarom foeter hulle bedroef voort en mymer intens oor die (on)sin van die lewe.

In die´ aweregse, koel en intellektueel prikkelende komedie wil ’n seun en sy meisie wegloop en ’n betowerende baai skep waar hulle hul liefde kan uitleef. Maar die outjie is ’n Padvinder, en die obsessiewe troepleier, Edward Norton, jag hom meedoe¨nloos omdat hy die ree¨ls durf oortree het.

’n Wes Anderson-rolprent vind net aanklank by onverskrokke kykers wat nie springmielies kou nie. Dit vra dat jy jou oorgee aan ’n malkopwe^reld waar niks op die oog af sin maak nie. Fliekvlooie sal jubel terwyl hulle hartseer lag omdat die fliek so wonderlik onkonvensioneel is.

- Leon van Nierop