Ons dink: 2/5

Geweld-drama.

Met Mel Gibson, Dean Norris en Peter Stormare.

Regisseur: Adrian Grunberg.

16TGD.

Begin op 5 Oktober

Onthou jy nog die vervelige opstelle wat jy moes skryf oor wat jy in jou skoolvakansie gedoen het? Nie dat die onderwyser ooit naastenby die waarheid gehoor het nie!

. In ’n fliek wat Lethal Weapon na Tinker Bell laat lyk, beland hy in die ergste tronk in Mexiko, waarheen gevangenes hul gesin kan bring en selfs wapens kan aanhou. So word hulle makliker “gerehabiliteer”.

Die ergste is: Dis op die waarheid gegrond!

Die storie is gruwelik en het soveel logika soos ’n dronk kewer op ’n bebloede legkaart. Net soos in Lethal Weapon, strompel die dol antiheld van onwaarskynlike, brutaal snaakse avontuur na avontuur toe hy ’n ma en haar parmantige seuntjie moet red.

Die oorspronklike titel, Get the Gringo, is dalk ’n beter aanduiding van die luidrugtige, moedswillige styl wat mettertyd handuit ruk. Stuitig, wreed en net vir laities bo 16 wat videospeletjies speel.

-Leon van Nierop

http://www.youtube.com/watch?v=htuMSQoOmYw