Komedie.

Met Emma Stone, Amanda Bynes en Penn Badgley.

Regisseur: Will Gluck.

13TS.

Begin 14 Januarie.

Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit?

’n Bleeksielmeisie is onder die indruk dat sy sek­­su­eel promisku moet wees om by die ingroep op skool in te pas. Sy doen haar as losbandig voor om gewild te raak – met komiese gevolge en sy raak op die verkeerde outjie verlief.

Wie sal hiervan hou?

Alle tieners wat al ooit hul voete in ’n fliek gesit het! Met die skole wat nou weer begin, voel jy dalk in ’n hok vasgekeer.

Breek los met hierdie loslit-fliek met sy straatwys-stappie, sy herkenbare karakters en koel houding wat die lekkerte van jonk wees opnuut vier.

Dit waarsku ook dat jy nie moet probeer in wees deur voor te gee jy is iemand anders nie.

Emma Stone is die ontdekking van die jaar. Sy steek die silwerdoek aan die brand met haar uitsonderlike en skaars talent wat aansteeklik op die gehoor inwerk. Jy sal dit gate uit geniet!

Wag vir DVD?

Dis om’t ewe. Hierdie vrolike kapperjolle is ’n moderne verwerking van Hester Prynne se verhaal in The Scarlet Letter, net met baie snaakser en byderwetser gevolge.

Die skoollewe is lanklaas met soveel energie, deernis en nostalgie aan tieners oorgedra.

’n Absolute hoogskop-moet!

Soortgelyke flieks

Superbad, Spud en die TV-reeks Glee.

Springmielie-feit

*Penn Badgley het op ’n jeugdige ouderdom in The Young and the Restless begin naam maak. Hy is ook ’n uitmuntende kitaarspeler.