Ben Ouanich, ’n fotograaf van Tel Aviv, wou dit illustreer met ’n paar pille, water en sy makrolens – en die resultate boei.

Pain killer pill dissolve in macro #macroroom

A photo posted by Macro Room (@macroroom) on

Die 27-jarige fotograaf, wat die YouTube-kanaal Macro Room begin het, het ’n tydsverloopvideo gemaak om te wys hoe pynstillers en vitamiene in vloeistof reageer. “Ek hou van makrofotografie, tydsverlope en alles wat kreatiwiteit en komplekse tegniese hulpmiddels kombineer om unieke rame te skep wat nie vir die blote oog sigbaar is nie,” het Ben aan PetaPixel gesê. “In hierdie video het ek makrolense, ’n bewegende tydsverloopbeheerder en ’n verskeidenheid tuisgemaakte gereedskap gebruik om die skoonheid agter die proses van oplossende pille te onthul.”

Vitamin pill dissolve in macro #macroroom

A photo posted by Macro Room (@macroroom) on

Die ongelooflike proses wat die fotograaf vasgelê het, neem kykers op ’n stap-vir-stap-reis van die oomblik dat pille op ’n bakkie gesit en in ’n houer vol water laat sak word.

Al is die ongelooflike greep kort, het dit Ben tot 10 uur geneem om dit op te neem. “In party gevalle moes ek die water ná ’n tyd geleidelik verhit om die pille heeltemal te laat oplos sonder om met die eerste dun laag in te meng,” het hy aan PetaPixels gesê. “Die tydsverloopbeweging, ligveranderings en baie sensitiewe makro-omgewing was net ’n paar van die faktore wat die projek baie tydrowend gemaak en my uitgedaag het om kreatiewe oplossings te vind.”

Pills dissolve in macro #macroroom

A photo posted by Macro Room (@macroroom) on

Bronne:: MailOnline, BoredPanda, PetaPixel.com