R Conradie is die eerste kind in die kinderhuis se geskiedenis wat ’n gesogte universiteitsbeurs wen. Die kampuslewe is vir dié stil meisie ’n vreemde ervaring en sy neem haar toevlug tot haar boeke–wat beteken dat sy aan die einde van die jaar met die hoogste punte in haar klas slaag.

Maar haar tweede jaar is ’n ander storie toe sy letterlik vasloop in een van die grootste hane: Desmond Laubscher, aantreklik en tergerig. Wonder bo wonder ontstaan in die volgende maande ’n vriendskap tussen die “vaal muisie” en die hartebreker.

Toe hulle vir die vakansie moet groet, word hulle deur passie oorval. In haar onskuld besef Renske nie wat die uiteinde hiervan kan wees nie. Teen die tyd dat die dokter haar die nuus gee, het Desmond klaar besluit om nie terug te keer na haar nie.

Bloeisels in die Ryp is een van die drie heerlike, ligte stories in hierdie omnibus.

Ons dink: 4/5