Ons TV-blogger is slaggereed vir die Emmy-toekennings Sondag en terwyl sy wag, deel sy solank ’n paar pryse van haar eie uit.

VOLGENDE Sondag is dit tyd vir die Emmys, my gunsteling-TV-prysprogram. Ek is mal daaroor om te kyk hoe die TV-sterre by die rooi tapyt afgesweef kom, wat hulle dra en hoe hulle onderlangs met mekaar gesels. My tone krul van lekkerkry oor die program-uittreksels, die toesprake en al die lawwighede. As ek kan, neem ek die Maandag verlof sodat ek vroegoggend na die regstreekse uitsending kan kyk – dis meer pret en jy kan niks bederf deur per abuis te lees wie gewen het nie.

Ek sou dalk hier ’n paar voorspellings kon waag, maar hulle sal beslis verkeerd wees omdat hierdie soort ding so persoonlik is. Pleks daarvan deel ek dus maar my eie lys van pryse wat ek sal toeken as hulle my ooit die koningin van TV-land maak.

1 Die Was-hulle-mal-om-hierdie-program-te-kanselleer-toekenning

Happy Endings

Happy Endings. Sê vir my jy het ook hierdie skreeusnaakse program gekyk oor Jan, Brad, Alex, Max, Penny and Dave, ses disfunksionele vriende wat in Chicago woon. Drie seisoene is op Vuzu uitgesaai. Dis skerp, slim en vol heerlike tong-in-die-kies verwysings na die populêre kultuur.

2 Toekenning vir bes geklede karakter

Emily Thorne

Emily Thorne van Revenge. Die mededinging was kwaai, want daar is heelwat TV-karakters wat asemrowend mooi aantrek, maar daar’s net iets aan ontwerpersdrag in die Hamptons wat ’n mens se voete onder jou uitslaan. Emily laat weerwraak na ’n baie stylvolle stokperdjie lyk. Terloops, seisoen 3 begin op 20 Januarie 2014 om 20:30 op M-Net.

3 Bazinga!-toekenning

Dowager Countess of Grantham of Downton Abbey

Sy moes eers die mense van Happy Endings, Mindy Kaling van The Mindy Project en Phil van Modern Family uit die pad vee, maar die prys vir die beste sêgoed gaan aan die Dowager Countess van Grantham in Downton Abbey. Haar reëls drup van snydende beleefdheid en droë gevatheid. Wie kan vergeet hoe sy in seisoen een gevra het wat ’n naweek is? Hier is ’n paar van my gunstelinge:

Dowager Countess: “Don’t be defeatist, dear; it’s terribly middle class.”

Dr. Clarkson: “You want me to lie?”

Dowager Countess: “ ‘Lie’ is so unmusical a word.”

Lady Mary Crawley: “Sybil is entitled to her opinions.”

Dowager Countess: “No. She isn’t until she is married, then her husband will tell her what her opinions are.”

4 Toekenning vir die opwindendste program wat op pad is

Agents of SHIELD

Dis gelykop. Marvel se Agents of S.H.I.E.L.D (bo), wat fantasties klink (agente wat ongewone sake oplos en superhelde soek), staan onder beheer van Coulson (Clark Gregg), ’n beeld van ’n man, en is geskep deur Joss Whedon, wat die koning van koel programme is.

En min dinge is so lekker soos ’n goeie misdaaddrama; daarom sien ek ook uit na Broadchurch, ’n Britse program met David Tennant, die voormalige Doctor Who. Dit gaan oor die dood van ’n jong seun in ’n klein kusdorpie. DStv gaan Agents of S.H.I.E.L.D van13 November af op M-Net uitsaai, terwyl BBC Entertainment ons beslis sal laat weet wanneer Broadchurch aan die beurt kom.

5 Sexyste-ster-toekenning

True Blood se Alexander Skarsgård, want ek is versot op hom en dis my toekennings.

6 Toekenning vir die sexyste ster wat nie Alexander Skarsgård is nie

Harvey in Suits

Harvey Specter (Gabriel Macht) in Suits is besig om die standaard te stel vir beeldmooi mans wat pakke dra (jammer, Barney Stinson) en hy deel die prys met Idris Elba van Luther, want laasgenoemde moet een van die koelste Britse polisiemanne ooit wees.

7 Toekenning vir die beste boef

Walter in Breaking Bad

Walter White van Breaking Bad. Sy ambisie is miskien bewonderenswaardig, selfs asemrowend, maar ek sou wou hê my tweede loopbaan moet baie minder gewelddadig wees, met minder dwelms, ontploffings en suurbaddens.

8 Lekkerste-pelle -toekenning

big bang theory USE AS MAIN - Copy

Dis die prys vir mense met wie ek die graagste bevriend wil wees en dit gaan aan die vriende van The Big Bang Theory. Ek wil ook op die bank sit, wegneemetes eet, bloukous-flieks kyk en my vererg/lag vir Sheldon as hy sê ek mag nie op sy plek sit nie.

9 Toekenning vir die beste bakleier

Elizabeth in The Americans

Dit was taai, maar die Russiese spioen Elizabeth Jennings van The Americans (vertolk deur Keri Russell) stof vir Nikita (Maggie Q) uit en palm die prys in. Ek dink eintlik Nikita sal ’n geveg tussen die twee wen, maar Elizabeth het baie meer om te hanteer as Nikita. Sy leef in die 1980’s sonder koel katoeters en het ’n dagwerk as ’n reisagent én twee kinders om groot te maak, selfs al vergeet sy partykeer van hulle as die spioensake handuit ruk.

10 Toekenning vir die beste ‘neeeee!’-oomblik

game-thrones-red-wedding

Die rooi troue in Game of Thrones. Ek loop steeds rond met prentjies in my kop van die slagting waar Robb Stark, sy ma, Catelyn, en sy vrou, Talisa, vermoor is. Ons het dit verwag omdat die programvervaardigers nie veel van die boek afwyk nie, maar dit het ons steeds tot in die murg geskok.

11 Die sy-red-jou-agterwêreld-toekenning

Olivia Pope

Olivia van The Fixer. Ek wil hê sy moet haar kaartjie vir my gee en my vertel sy skuld my ’n guns want almal wil ’n politieke regmaker wat Washington in die palm van haar hand hou, aan hul kant hê. Plus die voormalige CIA-agent Huck werk vir haar en sy kan namens my met die Amerikaanse president praat. Sy moet miskien eintlik twee pryse wen . . .

12 Beste Blair-toekenning

Ironside - Season Pilot

Blair Underwood kry sy eie spesiale prys want ek is opgewonde daaroor dat hy terug op TV is (hoe kry hierdie man dit reg om nooit ouer te word nie?). Hy speel ’n paraplegiese poliesman wat misdade oplos in die reeks Ironside, wat 11 Oktober op M-Net begin. Ek is al van sy LA Law-dae in die 1980’s op hom verlief en dié program klink belowend.

13 Toekenning vir die gunsteling-paartjie

Peter Olivia

Olivia en Peter in Fringe. Ek het die finale seisoen van dié wetenskapsfiksie-reeks op blu-ray klaargekyk en hulle was die volmaakte paartjie. Goed, hy het haar onbewustelik verkul met haar dubbelganger in die parallelle heelal, maar hierdie soort ding gebeur maar as wêrelde bots. Hulle liefde strek oor baie tye, oorloë met ekstrasterk wesens en soveel ander dinge.

14 Toekenning vir die grootste huilbalie

Carrie crying in Homeland

In hierdie kategorie kan daar net een wenner wees: Niemand huil soos Carrie (Claire Danes) in Homeland nie. Sy huil sommer lelik met groot, sopnat oë en ’n oop mond en jy word heeltemal deur haar emosie oorweldig. ’n Mens moet eenvoudig mal oor haar wees.

  • Die Emmys word regstreeks uitgesaai op M-Net om 02:00 op 23 September (Maandagoggend) en word om 20:30 herhaal.
  • Kyk ook na Live from the Red Carpet: The Primetime Emmy Awards om middernag op 23 September op E! (kanaal 124)
  • Moenie volgende Maandag my TV-blog oor die ware Emmys misloop nie!

- Natalie Cavernelis

Natalie Cavernelis Natalie Cavernelis is ons TV-blogger, blogredakteur van Huisgenoot se sustertydskrif YOU en eindredakteur: YOU-handelsmerkuitbreidings. Volg Natalie op Twitter @NatalieCav.

Lees haar vorige TV-blogs:

Ons wag op die MasterChef-eindronde

Fokus, True Blood, fokus

Verslaaf aan Katvisse en die Kardashians

Verban Junior uit die Dome, sê ek!

10 fantastiese dans-roetines op TV

8 nuwe reekse op pad

Die Emmys, The Fixer en dié wat beroof is . . .

Ontmoet my TV-mans

TV-paartjies wat bymekaar moet uitkom

10 nuwe TV-reekse!

Kyk! Die meisie van My Girl het grootgeword

Wat ’n woeste Game of Thrones!

TV se stylvolste karakters

Watter ander ouers is moeg vir Barney?

Dierbare Emily

The Fixer se koel klere

Is dit net ek?