Hierdie twee boekies is op die oomblik ons seuntjie van 15 maande se gunstelinge – en dis maklik om te verstaan hoekom.

Die prentjies van katjies en hondjies is skattig en ons geniet die oulike rympies saam.

Die prentjies is voel-en-vat – daar is byvoorbeeld ’n bol wol, ’n bal met tekstuur en sagte hare wat hom laat skaterlag as hy net daaraan vat.

Die oulike vertaling is gedoen deur Kobus Geldenhuys. Hier’s ‘n voorbeeld: Katjies hou van speel / in die tuin of in die huis. / Met ’n groot bol wol, / of ’n sagte speelgoedmuis.

Dis ’n wonderlike manier om ’n kleintjie gewoond te maak aan boeke en die plesier daarvan.

Ek's lief vir hondjies/Ek's lief vir katjies

Human & Rousseau, R55 elk

Ons dink: 3/5