Drama.

Met Robert de Niro, Robyn Wright, Kristen Stewart en Bruce Willis.

Regie: Barry Levinson.

2010. 100 min.

13T.

Ons dink: 2/5

Ben (De Niro) is ’n rolprentvervaardiger van Hollywood en worstel met persoonlike en werkprobleme. Aan die een kant is hy nog lief vir sy tweede eksvrou (Wright) en probeer hy vir sy probleemtiener (Kristen Stewart van Twilight-faam) leiding gee.

Aan die ander kant wil hy ’n Brits-gebore regisseur (Michael Wincott) sover kry om ’n rolprent metSean Penn in die hoofrol te redigeer, anders gaan dit by die loket misluk.

Ben moet ook vir Willis, wat homself speel, oorreed om sy baard af te skeer vir ’n rol in ’n nuwe fliek . . .

Al word dit bemark as ’n donker komedie wat onthul wat agter die skerms in Hollywood aangaan, is dit teleurstellend.

De Niro, wat vir sy method-toneelspel geloof word, oortuig nie in die rol nie. Stewart benut ook nie die geleentheid om te wys sy’s meer as net ’n nors tiener nie.

Ná 100 minute het ek self gewonder: Wat het nou net gebeur?