Ons dink: 4/5

2011. 93 min. 13TG.

Drama.

Eva (Tilda Swinton) sukkel al 15 jaar met haar seun se streke en worstel met die vraag: Is Kevin boos omdat iets in hul verhouding skort? Terwyl herinneringe aan Kevin se wrede optrede by haar spook, veg sy om oorlewing en probeer die teenslae uit ’n onvergewensgesinde gemeenskap die hoof bied.

Swinton beeld haar karakter met waagmoed uit en lewer ’n meesleurende vertoning in ’n rolprent wat jou lank verslae sal laat.

- Haji Mohamed Dawjee