Animasie.

Stemme: Tom Hanks, Tim Allen en Joan Cusack.

Regie: Lee Unkrich.

2010. 98 min.

A.

Andy is nou groot en gaan binnekort universiteit toe.

Hy moet besluit of hy sy versameling speelgoed – die geliefde Woody, Buzz, Mr Potato Head en Jessie inkluis – moet weggee of op die solder bêre.

Maar toe word die versameling per ongeluk by ’n dagsorgsentrum afgelewer.

Woody moet die res van die speelgoed probeer oorreed dat hulle nie weggegooi is nie en hulle help ontsnap. Maar eers moet hulle by twee gemene reuse speelgoed verby kom – ’n babapop en ’n aarbeigegeurde teddiebeer.

Die derde rolprent is die volmaakte einde vir die geliefde Toy Story-reeks wat met die uitreiking van die eerste fliek in 1995 die grense van animasie verskuif het.

Daar is hartroerende drama, komedie en aksie en dis ’n moet vir jonk en oud.

Bonus: hope, onder meer ’n kortfliek oor Buzz Light-year se sendings as ruimtevaarder.