Romantiese drama.

Met Robert Pattinson, Kristen Stewart en Taylor Lautner.

Regie: David Slade.

2010. 124 min.

13G.

Ons dink: 3/5

The Twilight Saga gaan voort! Baie mense het verwag dat Eclipse teleurstellend sou wees, maar dit is glad nie. As jy drama, vergesogte liefdesdriehoeke, vampiere en weerwolwe soek, is dit trouens ’n moet.

’n Oorlog dreig tussen die vampiere en die weerwolwe en dit verontrus Edward en sy familie. Intussen probeer Bella Edward oorreed om haar in ’n vampier te verander.

Toe dit nie werk nie, probeer sy hom verlei. Maar hy is mos koudbloedig en immuun teen haar truuks. Terselfdertyd doen die arme Jacob steeds sy bes om Bella se hart te wen, maar sonder sukses.

Jasper (Jackson Rathbone) maak indruk en die twee hoof-akteurs moet oppas dat hy nie binnekort hul kollig steel nie. Bella is heel dramaties en glimlag amper nooit, Edward is so sjarmant soos altyd en Jacob dra amper nooit ’n hemp nie.

Toe, gaan kyk dit!

Bonus: kommentaar.